Vyftienjarige beken grumoord op vrou
Vyftienjarige beken grumoord op vrou

Vyftienjarige beken grumoord op vrou

'n Jong Rehobother erken hy het 'n 57-jarige vrou gestenig en haar lyk die volgende dag geskend.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die verhoor van 'n 15-jarige seun wat tereg staan op klagte van moord, verkragting, die skending van 'n lyk, diefstal en brandstigting, het vandeesweek in die hoërhof in Windhoek begin.

Die minderjarige van Rehoboth, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het Maandag skuldig gepleit op die klag van moord en skending van die oorledene se liggaam.

'n Pleitverduideliking is deur sy regs­hulpverteenwoordiger, mnr. Linus Samaria, ingedien.

Die seun word daarvan beskuldig dat hy in September 2018 die 57-jarige me. Sarah Jagger aangeval het toe sy op die grondpad vanaf Bahnhofstasie na Rehoboth geloop het. Hy het haar gegryp en haar 'n ent van die pad af gesleep.

Hy het haar na bewering ontklee, haar geskop en met klippe geslaan. Volgens die samevatting van wesenlike feite in die akte van beskuldiging het hy haar daarna ten minste twee keer verkrag en sy is op die toneel dood as gevolg van die geweldige impak van die houe.

Die nadoodse ondersoek het 'n gebreekte skedel en ribbes bevestig.

Die seun word daarvan beskuldig dat hy die oorledene se regtervoet afgesny het. Hy het dit glo in 'n plastieksak gesit en langs die grondpad weggegooi. Verder word aangedui dat hy die oorledene verskeie kere met 'n mes gesteek en haar sak gesteel het.



PLEITVERDUIDELIKING

Hoewel die seun skuldig gepleit het op die klag van moord en skending van die lyk, het hy ontken dat hy die middeljarige vrou verkrag het.

In die pleitverduideliking sê die seun hy was op pad terug van 'n vriend se huis waar hy dagga gerook het, toe hy die vrou langs die pad gekry het.

“Ek het die oorledene begin volg en het haar van agter af met al twee my arms gegryp. Toe ek haar los, het sy onder 'n heining deurgekruip en begin hardloop. Ek het klippe opgetel en haar daarmee begin gooi,” lui die pleitverduideliking.

Volgens die verduideliking het hy ook onderdeur die heining geklim en haar agternagesit terwyl hy haar met klippe bestook het.

Hy het haar glo raakgegooi en sy het geval en nie beweeg nie. Hy beweer hy is daarna huis toe.

“Ek het die volgende oggend terug gegaan en gesien die vrou is dood. Ek het 'n mes gevat en haar verskeie kere daarmee gesny. Daarna het ek haar voet afgesny.”



DIEFSTAL EN BRANDSTIGTING

Die seun het na bewering nadat hy die vrou vermoor het na 'n nabygeleë nedersetting gegaan en by 'n huis ingebreek. Hy het volgens die samevatting van wesenlike feite in die akte van be­skuldiging verskeie items uit die huis gesteel waarna hy dié huis en 'n ander een aan die brand gesteek het.

Die seun het onskuldig gepleit op die klagte van diefstal en brandstigting. Hy sê hy het niks gesteel nie en hoewel hy die huise aan die brand gesteek het, was dit nie met die bedoeling om enige skade aan te rig nie.

Die seun verskyn voor regter Dinnah Usiku. De staat word deur die adjunk-aanklaer-generaal Anita Meyer verteenwoordig. Die verhoor duur voort en die seun bly in aanhouding.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!