Vyftienjarige molesteer glo seun (5)
Augetto Graig
Die minister van justisie, me. Yvonne Dauseb, was Vrydagaand 10 September teenwoordig toe die Windhoekse stadspolisie op patrollie met Kosmos Radio se Copps 94.1 ná tien uur op inligting van ’n verkragting in Katutura se Soweto gereageer het.
By dié betrokke huis het ’n vyftienjarige familielid na bewering twee seuns, een vier jaar oud en die ander vyf, gemolesteer.
Volgens superintendent Cesilie Kolokwe was die verdagte reeds in hegtenis geneem, en die twee seuns is vir mediese ondersoeke geneem.
Die verdagte het Maandag in die Katutura-landdroshof op ’n klag van verkragting verskyn, en bly in aanhouding terwyl hy onder sielkundige waarneming is.
Landdros Jo-rina Jagger het die saak tot 20 September uitgestel om sy wettige voog op te spoor.
Kolokwe sê ouers moet versigtig wees en aandag aan hul kinders gee om so ’n situasie te vermy waar dit ’n week lank kan voortduur sonder dat iemand dit agterkom.
Die stadspolisie vra ouers moet hul kinders oor hul private liggaamsdele leer, en om aan iemand te vertel as hulle seksueel geteister word.
“Die toename in gevalle en sake van seksuele geweld teen ons kinders is hartverskeurend,” sê Dauseb.
“Dit sê iets van die soort samelewing wat ons besig is om te word. Ek was geraak deur drie kwessies in dié voorval.
“Eerstens het ’n tienerfamilielid en seun wat moes toesig hou na bewering twee klein seuns – van onderskeidelik vier en vyf jaar oud – gemolesteer.
“Tweedens die feit dat die ouer seun toevertrou is om na die twee jonger seuns om te sien en te beskerm, en hy het dié vertroue geskend.
“Derdens is die seuns nie net jonk is nie, maar hul liggaamsbou is klein en die beweerde korrupsie van daardie twee klein seuns moet ten strengste veroordeel word, en iets moet gedoen word om te verseker hulle word verder beskerm,” sê sy.
Rakende die minderjarige verdagte, sê die minister, hy moet aangekla word en deur die stelsel gaan vir verdere ondersoek en berading om die redes vir sy gedrag vas te stel.
“As ’n samelewing het ons ’n reuse-verantwoordelikheid om die redes vir die voortdurende toename in geweld teen ons klein seuns en dogters te ondersoek. Ons wetgewing oor verkragting, insluitend die voorgestelde wysigings en die kindersorg- en toesigwetgewing is veronderstel om sulke gewelddadige optrede teen ons kinders te bekamp, maar meer moet gedoen word,” sê sy.
Dauseb sê sy sal beslis die kwessie met medeveiligheidsbelanghebbers, die ombudsman, die kantoor van die presidentsvrou, en die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid en armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn opneem om voorsorgmaatreëls vir die beskerming van kinders te verbeter.
“Daardie seuns se lewens is verewig verander en iemand moet betaal vir dit en wie sal dit wees? Families moet hul verantwoordelikheid onder artikel 14 baie ernstig opneem anders sal ons samelewing gevaarlik onder die radar van sorg en beskerming van ons kinders beweeg,” sê die minister.
“Ons plaaslike en internasionale pligte sal leeg bly as ons nie versigtig is nie,” sê sy.
“Dit is my hoop dat ons binnekort ’n samelewing sal sien waar koerante en polisieverslae nie oorstroom is met berigte wat die toename in welddadige misdaad teen ons dogters en seuns toon nie.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie