Vyftienjarige seun sterf aan Covid-19
Vyftienjarige seun sterf aan Covid-19

Vyftienjarige seun sterf aan Covid-19

Henriette Lamprecht
Die dood van 'n vyftienjarige seun van Windhoek met onderliggende mediese toestande en 'n 54-jarige vrou van Omaruru het Namibië se Covid-19-verwante sterftesyfer tot 140 opgestoot. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het ook die vrou onderliggende mediese toestande gehad en het albei tuis gesterf.

Shangula het 11 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld uit 545 weefselmonsters wat getoets is. Dit sluit nege mans en twee vroue in. Die ouderdomme wissel van sewe tot 69 jaar.

Die nuwe gevalle sluit sewe in Windhoek, twee in Karasburg en een elk in onderskeidelik Lüderitz en Keetmanshoop in. Volgens Shangula is die syfers vir Rehoboth laat ontvang en is dit nie by vandag se verslag ingesluit nie.

Shangula sê 297 mense het herstel wat die totaal vir die land op 13 140 te staan bring. Dit sluit 216 in Khomas, 40 in Erongo, 36 in Oshana, drie in Ohangwena en twee in Omusati in.

Die aktiewe gevalle staan op 284 waarvan vier in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas en een baie ernstige geval in Erongo in.

Tot op hede is 142 636 weefselmonsters getoets, tans word 2 609 kontakte gemonitor en 446 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!