Vyftigtalle van Smit en Du Preez deurslaggewend
Wanderers en CCD Tigers was Saterdag aan die wenkant.
Andrew Poolman – 'n Week nadat Samsung Wanderers die T20-premierligafinaal van Krieket Namibië op spannende wyse teen die kusspan MR24/7 Welwitschia gewen het, het hy Saterdag ook op 'n wennoot op die eerste wedstryddag van die premierliga vir eendagkrieket (50 boulbeurte) afgeskop.
Wanderers het op sy tuisveld met vier paaltjies teen Ceiling Centre WHS Old Boys gewen, met drie van sy nasionale staatmakers wat goeie vertonings gelewer het ná hul terugkeer van die Eagles se deelname aan die T20 Wêreldbeker in die Emirate.
WHS Old Boys het 219/9 in sy vyftig boulbeurte opgestel. Die totaal was gebou rondom JP Kotzé se 83 lopies van 90 balle (sewe viere, twee sesse), met die beste bystand wat van Dian Jacobs (24 van 75 balle) en later Christo Bronkhorst (20 van 26 balle) gekom het.
Wanderers se draaibouler Danie van Schoor (3/39 in 10 boulbeurte) het die aanslag gelei, terwyl Karl Birkenstock (1/47 in 9) vir Jacobs deur JJ Smit laat uitvang het.
JC Balt het net 2.50 per boulbeurt afgestaan (0/16 in 6) en Lu-Hendro de Waal (0/18 in 6) was bykans ewe ekonomies. Die kaptein Nicolaas Scholtz (2/27 in 6) het ook twee deurbrake gemaak.
Twee vyftigtalle en 'n 90-vennootskap het Wanderers se kolfbeurt gemaak, tussen JJ Smit (64 van 71 balle, 4x4 2x6) en paaltjiewagter Michau du Preez (60 nie uit nie van 56 balle, 4x4 1x6).
Voordat dié twee Eagles op onderskeidelik nommer vier en ses ingestap het, het Niko Davin (14 van 21 balle), JC Balt (29 van 39 balle), Danie van Schoor (11 van 14 balle) en Birkenstock (13 van 14 balle, een ses) ook reeds op 98/4 aan die teiken begin wegkalwe.
Tangeni Lungameni was die beste van Old Boys se boulers met 2/29 in 7 boulbeurte, terwyl Donavan Zealand (2/51 in 8.4 bb) tevrede kan voel dat hy Smit en Birkenstock se paaltjies gekry het. Meer ekonomiese steun het ook van Christo Bronkhorst (1/14 in 4) gekom.
SEGE VIR CCD TIGERS
By die United-veld het kaptein Joshuan Julius met 'n honderdtal van die voorpunt gelei in CCD Tigers se oorwinning met 36 lopies teen Trustco United.
CCD Tigers se totaal van 197 almal uit was grootliks aan Julius se vertoning as speler van die wedstryd te danke. As kolwer nommer drie het hy 101 nie uit nie van 127 balle behaal, met vyf viere en 'n ses. Die volgende hoogste telling was Lucian Bampton se 14 van tien balle (1x4 1x6). Damon Coetzee het vier paaltjies vir 28 in 8.4 boulbeurte geneem – met sy kaptein Lohan Louwrens nog een beter (5/51 in 10).
Trustco United is egter vir 161 almal uitgeboul, met die beste kolfwerk deur Louwrens (48 van 70 balle, 5x4) en Dickson Vambe (44 van 65 balle, 3x4).
CCD se een boulheld was Norbert Manyande met 4/28 in 9 boulbeurte, insluitend die laaste drie paaltjies van Vambe, Berrie Snyman en G. Mutsira in boulbeurt 39.
Elton Ambambi het 3/35 in 7 geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie