Waak teen diu00e9 vlamme
Waak teen diu00e9 vlamme

Waak teen dié vlamme

Dani Booysen
Minstens teen gister het geen Namibiërs blykbaar nog noemenswaardig onder ‘n nuwe geweldsgolf in Suid-Afrika deurgeloop nie.

Buitelandse vragmotorbestuurders is verlede week in ekstreme elemente se visiere geplaas en ander besighede van buitelanders in Suid-Afrika is ook geteiken. Die weersinwekkende dade herinner aan die xenofobiese aanvalle van Mei 2008.

Sulke misdade kom met gereelde tussenposes in SA voor.

Ons moet dankbaar wees geen van ons eie burgers of afkomstiges uit Namibië is sover bekend beseer nie. Of erger . . .

Indrukke is die krisis is goed vanuit eie bodem bestuur om ons vragmotorbestuurders so goed as moontlik te beskerm. Ons hoor graag van Namibiërs oor hul ervaringe in die verband.

In Nigerië en Zambië was daar teenreaksies teen sekere Suid-Afrikaanse besighede. Dat so-iets nie in Namibië gebeur het nie, spreek van ons andersheid.

Om egter te sê Suid-Afrikaners en Namibiërs se verhouding verskil van verhoudings met ander “immigrante” is aanvegbaar.

Iemand merk die week op: “Ons kry swaar weens die ekonomiese krisis en droogte en het nie water nie, maar ten minste het ons vrede.”

Dít kan, en mag ons nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Vlakke van algemene geweld en woede is tasbaar hoër as in 1990.

Geweld teen sogenaamde vreemdelinge kan nie SA se talle probleme oplos nie. Ons buurland het reuse-uitdagings.

Demokratiese prosesse is die manier om leiers tot verantwoording te roep. Nié die geweld wat uit ontbering en haat gebore word nie.

So sê ander

4 September 2019

ANC wys ware kleure met Tito-plan

Die afgelope weke was daar by sommige rolspelers in die ANC heelwat energie oor moontlike voorskriftelike beleggings vir pensioenfondse en die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bespeur.

Maar vir die tesourie en Tito Mboweni, minister van finansies, se voorgestelde ekonomiese plan was die ontvangs maar koel. Gestroop van die gewone bladsye oor swart ekonomiese bemagtiging en ideologie was dit vir heelwat alliansielede ’n vreemde klank op die oor.

Die land kort ’n sterk, groeigerigte en vryemarkgedrewe ekonomiese plan om enige hoop op sukses te hê. Dit is grootliks wat die plan bied, maar met sinvolle sosiaal-demokratiese eienskappe op die regte plekke. Gesonde staatsbetrokkenheid, veral in vennootskap met private beleggers en kundigheid, is steeds belangrik.

’n Erg verswakte staat was klaarblyklik een van die staatskapers se motiewe, want dan is stroping soveel makliker.

’n Dinamiese groeiplan met verskeie rolspelers betrokke, bring versterkte etiese regulering en maak dit moeiliker om lang vingers in die nasionale huishoudelike spaarvarkie te kry.

Ironies genoeg kritiseer vakbonde in die alliansie die plan, maar begin toenemend ongemaklik raak oor wat vir hul lede se pensioene beplan word. Hopelik val die plan nie vas in die dodelike trapmeul van rigtinglose raadpleging nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer