Waak teen die ewige beterweterigheid
Waak teen die ewige beterweterigheid

Waak teen die ewige beterweterigheid

Dani Booysen
PEET VENTER SNR SKRYF:

Met vertroue bied ek hierdie skrywe aan in reaksie op die knaende veldtog/kruisvaart op hierdie bladsye teen diegene wat weier om ingeënt te word.

My diepste christelike sentimente is nóú verweef met miljoene gelowiges oor die aardbol wat bely/erken dat ons bestaan reeds 2021 jaar in die hande van God die Almagtige en Jesus Christus, sy Seun is. Vir 83 jaar het my verkleefdheid aan hierdie Godheid net sterker en sterker geword.

Dít te danke daaraan dat ek daagliks voedsel en krag en Goddelike wysheid uit die Bybel kan geniet. En daar is miljoene der miljoene mede-gelowiges wat hierdie leefstyl voluit probeer nastrewe.

Wie’s hulle?

Dit is individue wat bereid is om daagliks hul "human rights" onvoorwaardelik om Sy ontwil te verloën en in Christus te sterwe om dan vir altyd in Hom te lewe. ‘n Doopseël/kerklidmaatskap en selfs kerkbywoning is hier van nul en gener waarde.

(Ironies – daar word deur die Namibiese Raad van Kerke beweer dat 80% van ons bevolking Christene is. Eish!)

In hul daaglikse lewensbestaan glo wedergebore Christene onwrikbaar om deur die Bybel gelei te word. Hierin word hulle ondersteun deur die Heilige Gees van God.

As gevolg van die heersende pandemie, is die hele wêreld gedompel in chaos en soek die mensdom antwoorde op al hul vrae en vrese. Verdagmakery, ook in die media, is aan die orde van die dag.

Diegene wat God’s Woord as anker beskou, ondervind vrede in dit wat die Bybel uitwys. Dit is onverantwoordelik om hierdie mense se Bybelse bydraes in die media te ignoreer en as verdag af te maak.

Die globale pespaniek woed al hoe veller. Dit ontsien niemand nie – vanaf Maart 2020 tot nou, Desember 2021. Almal ly, van die presidentspaar af tot by die armlastigste families in sink krothuisies. (Laasgenoemde is ongelukkig nie in baie se gewetensveld nie.)

‘n Uitspraak soos “ek is nie God nie” (deur die president) haal voorblaaie, maar bring geen Harambee of rustigheid in Namibiërs se gemoedere nie. Baie van ons onthou nog die symste president se woorde “So help me God” tydens sy eerste inswering.

Nóg stof tot wroegende nadenke: die voorlaaste president verjaag bywoners van sy grond; die eerste minister verkoop haar sg. ongeskikte plaas aan die regering nadat dit vroeër as ongeskik vir hervestiging bevind is. En so karring ons aan met net die pes in die kop.

By gebrek aan geloofwaardige inligting, woed ‘n stryd teen beterweterigheid, en word ons volk tans in twee kampe verdeel. Behoede ons dié dag wanneer vaksinasie op Noord-Koreaanse en Chinese wyse op ons afgedruk gaan word.

Moenie sê daar is nie ‘n oplossing nie. Dwarsdeur die Bybel word eerstens verwys na die wederstrewige volk van God wat male sonder tal net skuins geneuk het: Uit Egipte/goue kalf/moans en groans oor te ete en te drinke/woestyn en peste waar tot 20 000 op een dag gesterwe het – Sjoe! En nou in 2021 net doemprofete!

Waarom dan nou die hewige stryd teen diegene wat om verstaanbare redes nie wil vaksineer nie? Geen dier duik jubelend, bulkend of blêrend in ‘n dipgat in nie.

Soos verkeerspolisie wys die Bybelse profete die regte pad na genesing aan. Selfs engele was genoodsaak om Lot en sy gesin uit Sodom te laat geepad. Sy môie beterweterige gade het egter teengeskop en het as soutpilaar agter gebly.

Die gekruisigde Seun van God, onse Here Jesus Christus, is nóú die antwoord vir die hele wêreld. Hyself verwys na pessiektes, hongersnode, aardbewings en diesmeer in die laaste dae.

Wanneer is dit? As ek Hom moet glo, is dit nóú.

"Without Him I can do nothing; without Him I surely fail; without Him I shall be drifting, like a ship without a sail."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!