Waar daar u2018n rokie trek?
Waar daar u2018n rokie trek?

Waar daar ‘n rokie trek?

Dani Booysen
Vrydag het die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, die media toegespreek oor beweerde selfverryking en die benadeling van die Namibiese diamantbedryf en die Namibiese nasie deur middel van ‘n nuwe bedeling vir die plaaslike verspreiding en internasionale verkope van die land se blink klippies.

Absoluut alle beweerde bronne van kommer is ronduit ontken.

Namibiërs erken die groot waarde wat ‘n geskiedkundige nuwe ooreenkoms tussen die regering en De Beers vir plaaslike waardetoevoeging, werkskepping en inkomste vir die land inhou. Burgers wat egter weens blapse van die verlede van nature ‘n ewig pessimisme oor die optrede van die staat ontwikkel het, sal hul vrae stel. Vrae wat nie almal as onsinnig afgeslaan kan word nie.

Dit is daarom jammer dat Kandjoze nie vrae wou beantwoord hoekom ‘n tender vir die waardering van diamante skynbaar sonder enige mededingende tenderproses aan C Sixty Investments toegestaan is nie. Die werk wat hierdie onderneming moet doen, is astronomiese bedrae werd. Juis daarom moet hul aanstelling absoluut bo verdenking wees.

Vir enige ondernemer om eksklusiewe regte vir tegnologie, in hierdie geval vir die evaluering van diamante, aan te koop, is dalk bloot slim sakevernuf. Maar sodra opbrengste opnuut in die sakke van persone beland wat al dubbeld en dwars met aansienlike welvaart herbemagtig is, ruik die rook onvermydelik na vure van vuil spel.

Die minister sal veel meer moet doen om hierdie saak in die reine te bring.

So sê ander

20 November 2016

The worldwide threat to liberal democracy

Democracy is “hard work” and must not be taken for granted, said Barack Obama during his farewell visit to Europe last week. How right he is.

The challenges confronting western democracies as 2016 draws to a ragged close are of a breadth and intensity not seen since the early 1980s. Much of the danger to democracy comes from within.

Angela Merkel and Obama struggled with this issue during meetings in Berlin. The (Republican) elephant in the room was Donald Trump.

The fear is that the populist and nationalist insurrections witnessed in Britain and in the US may be replicated across Europe in coming months, further shredding the west’s liberal democratic moorings. France is of foremost concern.

Germany has elections, too, next year, but even in Berlin, the electoral balance is shifting.

With Obama no longer around to defend the west’s liberal democratic order, Merkel could be the last woman standing.

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer