Waar daar ‘n rokie trek
Dani Booysen - Noord van Tsumeb kla hervestigde, voormalige San-plaaswerkers ‘n eks-vakbondbaas verhuur hul grond onwettig aan ‘n Chinese entrepreneur.
Mnr. Alfred Angula, voorheen by die plaaswerkersunie, glo ‘n projek wat tot ontwikkeling, plaaslike voedselverbouing en werkskepping bydra, word onregverdig gekritiseer.
Die ministerie van grondhervorming ondersoek die aantygings. Waar iemand ‘n rokie gewaar, is daar nie altyd ‘n vuur nie, maar as hier wel vlamme knetter, moet Namibiërs uiteindelik nie verbaas wees nie.
Verskeie vrae moet gevra word.
Hoe kon so ‘n groot projek sonder toestemming begin word – glo om eers te kyk of dit lewensvatbaar is? Dit maak min sin en bevraagteken volhoubaarheid, of dui dalk daarop dat prosesse gepypkan is. Om watter rede/s?
Toesig moet swak wees as infrastruktuur wat 1 800 vierkante meter beslaan sommer net verrys sonder dat iemand baie gouer navraag doen. Andersyds dui dit moontlik op die aanvanklike inkoop by die projek van die hervestigde inwoners, waarvan sommige nou ontevrede is.
Kan dit regtig ses maande neem om só ‘n oënskynlike eenvoudige kwessie te ondersoek? Tekenend van Namibiese rompslomp.
Aan Angula as die voorsitter van die trust wat die grond bestuur, moet ‘n mens vra of hy nie hierdie posisie nominaal aan ‘n begunstigde moes toegestaan het en eerder net as raadgewer moet dien nie.
Sulke projekte kan van groot waarde wees, maar moet wetlik korrek gefundeer wees én alle begunstigdes moet direk of indirek daaruit baat.
So sê ander
22 Februarie 2017
Interne raspolitiek kan DA duur te staan kom
Die trant waarin die DA-leierstryd in die Wes-Kaap gevoer word, het die potensiaal om dié party – ook op nasionale vlak – ernstige skade te berokken.
Die party het al immers in sy eie geskiedenis gesien watter skade faksiepolitiek kan aanrig. Soos nou ook met die ANC gebeur, word energie intern verspil en ’n party se band met die kiesers verswak namate hy sy eie naeltjie begin betrag.
Die DA bemark hom nasionaal tog by uitstek as ’n nierassige party, in teenstelling met die ANC, waar die speel van die rassekaart standaardpraktyk is. As sulks kan die party se handelsnaam ernstige skade ly as hy nie vinnig bó dié eng politiek uitstyg nie.
Besef die party enigsins wat die implikasies op nasionale vlak kan wees wanneer ’n bepalende verkiesing in 2019 geveg gaan moet word?
Die gevaarligte flikker helder.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie