Waar gaan krag vir bitcoin vandaan kom?
Die wisselvalligheid van die waarde van bitcoin is nie die enigste aspek van dié kriptogeld waaroor kenners bekommerd is nie.
Elvira Wood
Die hoeveelheid energie wat dit verbruik om bitcoin te "myn" te word laat al meer kenners regop sit. Al word bitcoin nie fisiek gemunt nie, bly dit ’n enorme energievraat.
Bitcoin-myners – wat nuwe “munte” skep deur besonder ingewikkelde wiskundige probleme op te los – verbruik tans die ekwivalent van ’n tiende van die elektriese krag wat Suid-Afrika as land gebruik, berig Bloomberg. Die proses verbruik nou bykans net soveel krag as wat Argentinië verbruik.
Die onderliggend beginsel van bitcoin is dat selfs al is dit ’n digitale geldeenheid wat nie fisiek gemunt word nie, moet daar steeds werk verrig word om dit te kan verdien. Net soos wat goud gemyn word, moet bitcoin ook gemyn word. Aangesien bitcoin digitaal is, het die skepper daarvan besluit dat die beste tipe “mynwese” wiskundige probleme is wat net met rekenaars opgelos kan word.
Enorme rekenaarplase wat baie elektrisiteit verbruik, word wêreldwyd gebou juis om dié geldeenheid te myn. Die wiskundige probleme bly ook nie net op dieselfde vlak nie, maar word al hoe moeiliker om op te los wat beteken die aanvraag na energie om dit te skep hou voortdurend aan met styg.
Nicholas Ashworth, ’n ontleder by Morgan Stanley, sê hulle verwag bitcoin-myners sal vanjaar sowat 140 terrawatt-uur nodig hê om dié munte te myn. Dit is sowat 0,6% van wêreldwye elektristeitsverbruik.
Dit is ook meer as wat alle elektriese motors saam teen 2025 gaan verbruik.
Bitcoin waarde duik
“As die waarde van kriptogeld gaan aanhou styg, verwag ons ál meer elektrisiteit gaan verbruik word om die munte te myn,” sê Ashworth.
Hoewel Ashworth en sy kollegas nie dink groot kragvoorsieners sal hul strategieë daadwerklik moet aanpas om krag aan dié sektor te voorsien nie, verwag hulle wel dat dit ’n impak op ontwikkelaars en vervaardigers van hernubare energie gaan hê.
Hulle sê rekenaarplase sal met wind en sonkrag aangedryf kan word solank elektrisiteit behoorlik geberg kan word.
Hulle verwag ook dat die groot oliemaatskappye – wat al hoe meer op hernubare energie begin fokus – kan dalk baat vind daarby om kragvoorsieningskontrakte regstreeks met dié “myne” te sluit.
Luidens die navorsingsorganisasie Bloomberg New Energy Finance het bitcoin-myners verlede jaar 20,5 terrawatt-uur krag verbruik.
Bitcoin het Woensdag met meer as 10% tot $13 350 gedaal oor die nuus dat Suid-Korea beplan om kriptogeld in die land te verban. – Netwerk24/Bloomberg/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie