Waar is die atlete met dryfkrag, vra Fredericks
Te veel jong talent hou op omdat hulle nie deursettingsvermoë het nie of deur kritiek geraak word, sê hy.
Namibië se voormalige wêreldklas naelloper Frank Fredericks sê hy sien in die land se huidige geslag atlete nie die nodige dryfkrag om bo uit te kom nie.
Die viermalige Olimpiese wenner van silwermedaljes sê selfs indien ’n klomp geld in sport gepomp sou word, moet atlete steeds die honger, dryfkrag en deursettingsvermoë hê om op die hoogste vlak sukses te behaal – iets wat hy in die huidige groep nie bespeur nie.
Fredericks was Vrydag aan die woord by die prysuitdeling van die Frank Fredericks-stigting se jaarlikse gholfdag by Omeya suid van Windhoek.
“Dit is nie ’n maklike pad om ’n professionele atleet te wees nie en die meeste van ons talentvolle jonges hou op sodra dit moeilik raak. Vir sommiges is ’n opmerking dat hulle nie volgens die beste van hul vermoë presteer nie, genoeg rede om die spykerskoene weg te pak,” sê hy.
Volgens hom dink vele atlete wat na sy leefstyl kyk, dat hy dit maklik gehad het, “maar dit was taai tydens my eensame dae as ’n atleet.”
Fredericks sê Namibiërs is nie ondersteunend met atlete wat nie goed presteer nie. As jy ’n kampioen wil word, moet jy ’n blinde oog werp op die kritiek van ander en gefokus bly op die doelwitte wat jy vir jouself gestel het.
“As ek na die kritiek moes geluister het, sou ek baie lank gelede tou opgegooi het sonder om die doelwitte te bereik wat ek gestel het.”
Volgens hom was een van sy groot strewes in die begindae om sy moeder uit ’n lewe van armoede te bevry, wat danksy die steun van die Rössing uraanmyngroep bewaarheid is.
Fredericks se raad aan jong atlete is om kritiek op die ken te kan vat en meer te fokus op wat hulle op die atletiekbaan doen, as wat oningeligtes oor hulle te sê het.
“Ek het ’n sterk dryfkrag gehad om die vinnigste naelloper in Afrika te word en later om die vinnigste ter wêreld te wees. Dit was die dinge wat my geïnspireer het. Ek het nooit geluister na wat my kritici te sê gehad het nie, want hulle het nie verstaan wat ek wou regkry nie.”
Namibië se vinnigste naelloper in die geskiedenis (19.86 in die 100 meter en 19.68 in die 200) sê hoewel ’n Olimpiese goue medalje hom in sy loopbaan ontwyk het, het hy geen spyt nie. Hy hoop dat die huidige geslag atlete hierdie droom kan laat voortleef.
“Ek sien nie dat jong atlete sê hulle wil die eerste atleet word wat regkry wat Frank Fredericks nie kon doen nie, naamlik om vir die land ’n Olimpiese goue medalje te wen. Dit is die honger wat ek dink kortkom.”
Die dryfkrag, dissipline en deursettingsvermoë is volgens hom die eienskappe wat hom meer suksesvol gemaak het as andere wat dalk meer natuurlike talent as hy gehad het. “Dit is hoekom Namibië nog net een Frankie gehad het.” – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie