Waar is die erns?
Die ombudsman, adv. John Walters, se stryd van langer as twee jaar om insae in die geldsake van die omstrede weermagmaatskappy, August 26, en ander staatsondernemings (SOE’s) te kry, lees soos ‘n riller.
Hierdie uitvoerige beriggewing gister deur Business 7 wys op talle van die kerngebreke in die mondering van Namibië se regering en staatsbestuur.
Die magte van die ouditeur-generaal is nou hierby ingeweef.
Buiten vir die hernude sluier van “staatsekuriteit” wat die ministerie van verdediging oor sy doen en late met belastinggeld wil trek, wys Walters se verslag die regering wil ook op ander vlakke nie oop kaarte speel nie.
Dit is geen verrassing dat Fishcor in die berig opduik nie. Mnr. Sacky Shanghala, oudminister van justisie en beskuldigde in die Vrotvis-skandaal, se skriftelike simpatisering met Walters is ironies.
Op 20 September 2019 het mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, in ‘n video-onderhoud met Republikein gesê die regering is oorgehaal om “radikale en regte” besluite oor Air Namibia en ander bedrywe te neem. Dit is meer as ‘n jaar gelede.
Hy het ook gesê die regering is reg om teen direkteure en besture by SOE’s op te tree. Ook hiervan het nog niks gekom nie.
Kom ons aanvaar mnr. Jooste het goeie motiewe. Dan is die vraag of hy intern gekniehalter word weens politieke redes.
Hierdie gebrek aan erns en optrede kan nie óók, soos heeltemal te veel probleme, aan Covid-19 toegeskryf word nie.
So sê ander
11 November 2020
Vrystaat marsjeer én vier saam ná Magashule-nuus
Die uitreiking van ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, was lank te wagte, maar kon nie meer tydig gekom het as op die vooraand van vandag (Woensdag) se ANC-aangevoorde massa-protesoptog in Bloemfontein teen korrupsie en wanbestuur onder sy Vrystaatse premierskap nie.
Die beswaarmakers betoog teen die “kaalstropery” van die Vrystaat onder Magashule en oor die haglike stand van die geplunderde Mangaung-metro onder Olly Mlamleli, ’n Magashule-luitenant en uitgestemde burgemeester, wat een van die “asbesdak-beskuldigdes” is wat vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Een versoek in die beswaarskrif is dat Magashule en Mosebenzi Zwane, voormalige Vrystaatse LUR vir landbou wat onder meer by die Vrede-suiwelprojek geïmpliseer word, soos Mlamleli aangekeer word.
Die asbesdak-sage is maar een van baie korrupte projekte en inisiatiewe onder Magashule. Die Estina-Vrede-suiwelprojek is een van talle ander. Inhegtenisnemings hiervoor moet nog kom.
Die skade aan die Vrystaat en sy mense se lewe is gedaan, maar eerder laat as nooit. Vrystaters is oor partygrense heen verenig, maar harde werk wag om die stukkende provinsie te herstel.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie