Waar is die witwyn-emoji?
Malherbe Nienaber – Wynliefhebbers en die wynbedryf gaan eers moet wag vir ’n witwyn-emoji, terwyl die voorstel nog verder oorweeg word deur die instelling wat die standaarde hiervoor stel.
’n Emoji van ’n wynglas gevul met rooiwyn bestaan reeds, maar die makers en liefhebbers van witwyn dring daarop aan dat dié wyn ook verteenwoordig word.
Die Amerikaanse kelder Kendall-Jackson het die veldtog vir ’n witwyn-emoji saam met ander kelders gelei en ’n voorstel van 19 bladsye lank aan die Unicode Technical Committee (UTC) voorgelê, wat in Julie oorweeg is.
Dié komitee van die Unicode Consortium is verantwoordelik vir die ontwikkeling en onderhoud van die standaard vir die kode waarmee emojis op rekenaars, selfone en ander toestelle geskep word.
“Die debat gaan eintlik oor kleur, nie wyn nie,” sê Maggie Curry, direkteur van bemarking, op Kendall-Jackson se webwerf.
“Omdat daar reeds ’n rooiwyn-emoji is, word die witwyn-emoji as ’n kleurvariasie beskou en is dit meer kompleks as verwag om dit by te voeg. Die byvoeging van witwyn moet sorgvuldig oorweeg word omdat dit die deur kan oopmaak vir verskeie kleurvariasies.”
Emile Joubert, mediakonsultant en wynskrywer, het Woensdag benadruk dat die emoji ’n internasionale kommunikasiemiddel in die wynbedryf geword het.
“’n Vertikale duim, glimlaggende bakkies en ’n glasie wyn toon aan jou gespreksgenoot dat als goed met die wêreld is, sonder dat jy jou vingers stomp op ’n selfoon hoef te tik.”
Volgens Joubert grens dit aan diskriminasie dat daar net ’n emoji vir rooiwyn bestaan.
“Op ’n warm dag, met ’n bak oesters of soesji voor my, kan ’n emoji van ’n rooiwynglas nie my ware gemoedstoestand oordra nie. Ons vra asseblief vir ’n witwyn-emoji – verkieslik Chardonnay of Sauvignon Blanc.”
RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika, sê ook hy sal graag ’n witwyn-emoji wil sien, “aangesien die witwyn Sauvignon Blanc die land se gewildste wynsoort is”.
“Ons is jammer die saak kon in Amerika nie deurgevoer word om ’n witwyn-emoji te kry nie – Sauvignon Blanc SA sal beslis met sy internasionale vriende en vennote saamwerk om só ’n emoji ’n werklikheid te maak.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie