Waar is hierdie geld dan heen?
Waar is hierdie geld dan heen?

Waar is hierdie geld dan heen?

Mandy Rittmann
CHRISTINE SKRYF:

Klein besigheide wat verlede jaar lamgelê is deur al die lockdowns as gevolg van Covid-19, en maande sonder inkomste was as gevolg daarvan, kan vandag beswaarlik kop bo water hou met al die regsaksies teen ons.

Tog moet die personeel maandeliks betaal word (anders lê die arbeidsdepartement op jou nek). Boonop word ons sleg behandel deur regsgeleerdes en moet hulle arrogansie feitlik op ’n daaglikse basis hanteer.

En die ergste van alles, is die banklenings wat afbetaal moet word. Banke het jou gedwing om twee keer die waarde in lewensversekering uit te neem as hulle die sekuriteit van die gebou gehad het. Nou dat ons net die personeel aan die gang moet hou en beswaarlik kan uitkom by ander verpligtinge, wonder ek net die volgende.

Waar is al ons lewensversekeringsgeld heen?

En die Here hoor my vandag, as een versekeringsmakelaar vir my nog een keer sê ek het voordele getrek uit my lewensversekering tydens my lewe, of dat julle 'n risiko geneem het deur my te dek, pleeg ek moord. Is dit nie eerder anders om nie?

Ek het ‘n risiko geneem op my versekeringmaatskappye, wat ek jare getrou ondersteun het, met my swaarverdiende geld waarmee hulle na willekeur hulleself kon verryk, rentes verdien, eiendomme koop en op die aandelemark kan woeker, om maar ‘n paar dinge te noem.

Waarvan praat die spul as hulle sê hulle het ‘n risiko op jou geneem as hulle getrou jou geld ontvang het en daarmee kon maak net wat hulle wil. Hulleself verryk uit jou ellende!

Daar bestaan nie so iets soos “jy neem risiko op iemand se lewe nie”. Jy neem risiko op bates (‘n motor, ‘n huis, ens.), maar nooit op die lewe nie, want alles wat lewe, gaan dood. Die hele spul van ons sal sterf, so waar soos ek hier sit.

So los die snertpratery vir diegene wat dit glo.

Van wanneer af betaal ek miljoene dollars aan lewensversekering vir die skuld wat ek by die bank aangaan, en toe Covid-19 aanbreek en ek kon dit nie meer bybring nie, toe word die miljoene dollars van my gesteel.

Iemand moet begin om antwoorde te gee oor al die geld wat versekeraars in hulle sakke gedruk het uit almal wat lewensversekering uitgeneem het vir sekuriteitsdoeleindes.

Die dag toe ek lewensversekering uitgeneem het, het ek nie gedroom dat daar so ‘n wanvoorstelling teenoor my gemaak word nie. Geen versekeringsmaatskappy kan geld in hulle sakke druk wat van die staanspoor nie aan hulle behoort nie. As hulle dit doen, maak hulle ‘n wanvoorstelling aan hulle lede en moet daardie gelde aan al die lede terugbetaal word, anders kom dit neer op blatante diefstal.

Ek het myself nie uitgegee dat 'n versekeringsmaatskappy kan woeker of dobbel met my swaarverdiende geld, wat ek pligsgetrou oorbetaal het elke maand vir jare, tot in die moeilikste tye van Covid-19.

Wat is hierdie “six month holiday plan” waarvan almal praat? Dis ‘n verleentheid om die minste te sê, ‘n skreiende skande. Dit as duisende mense daagliks sterf van Covid-19.

En dan moet jy nog aansoek doen vir so ‘n belaglike plan, tot jou nadeel, sodat banke hulself nog verder uit jou kan verryk. Niemand het ons ‘n guns gedoen nie. Inteendeel, ons as Namibiërs is blatant beledig deur ons intellegensie so te onderskat.

Ons is belieg, bedrieg en besteel. Wanvoorstelling in die ergste graad.

Namfisa, julle dra kennis van hierdie gemors. Wat doen julle omtrent hierdie aangeleentheid?

Kla jy by Namfisa, moet jy ‘n reusespul vorms voltooi? Hoekom?

Die howe dra kennis. Wat doen hulle aan hierdie gemors? Is dit reg?

Kla jy by die howe of die Law Society of Namibia moet jy ‘n beëdigde verklaring gaan aflê. Hoekom?

Die regering, die skande en verleentheid van hierdie land, wat doen julle omtrent hierdie aangeleentheid?

Kla jy by die regering, kry jy niemand in die hande nie. Almal “werk” van die huis af. Covid-19; 'n sinnelose vermorsing van tyd en energie.

Die reserwebank, wat doen julle omtrent hierdie aangeleentheid?

Wil jy kla by die reserwebank, antwoord hulle nie eers hulle telefone nie, en is eenvoudig nie oop vir die publiek nie. Te belangrik.

Ek is op die 3de September 2021 in die hoërhof teen een bank en kort daarna seker teen 'n ander. Ek soek my geld terug, sodat ek my lenings kan aflos. Ek gaan nie my eiendom, waarvoor ek my lewe lank gewerk het, verloor as gevolg van versekeraars nie. Ek het nie poker met hulle gespeel nie.

Waar is ons lewensversekeringsgeld heen?

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!