Waar papier en ink vlerke kry
Die 57-jarige Peter Mwahalukange se kuns het al verskeie lewens aangeraak. Hy het veral 'n groot impak op die plaaslike en internasionale kunsbedryf gehad.
Mariselle Stofberg – Peter Mwahalukange se kuns is meer as net mooi illustrasies.
Dis sy manier van praat en homself uitdruk. Deur sy kuns deel hy meer oor geskiedenis, homself en dit wat hom kwaad, hartseer, emosioneel en opgewonde maak.
“Alles het begin toe ek met my vingers in die sand geteken het. Vandag kan ek met trots terugkyk op my lewe en sê ek het my droom en passie skaamteloos nagejaag.”
Peter het in 'n tyd van groot oorloë in die noordelike dele van die land grootgeword.
Aanvanklik het hy nie skoolgegaan nie, omdat soveel ouers en voogde te bang was om hul kinders skool toe te stuur.
“My pa is oorlede toe ek net twee dae oud was, en in ons kultuur mag die ma nie die kind alleen grootmaak nie. Sy is dus terug na haar pa toe en 'n ander vrou het my grootgemaak. Ons was baie arm en het nie veel gehad nie.”
Peter is in die Ohalushu-nedersetting in die Oukwanyama-koninkryk in die noorde van die land gebore.
Hy het eendag – terwyl hy in 'n ry gestaan het om kos en noodsaaklikhede van vrywilligers van die Rooikruis en Verenigde Nasies te ontvang – 'n man van Londen met 'n groot kamera en sketsboek gesien.
“Ek het eers gedink die man is 'n spioen wat besig is om inligting te steel, maar later besef hy is besig om foto's te neem en sketse te teken. Ek was absoluut verwonderd oor dit wat hy met potlode en papier kon doen. Ek het by hom gaan staan en begin gesels, en hy het my gevra of ek kan teken.”
Peter, wat nog nooit enige toerusting gehad het om sy kuns te beoefen nie, het gesê hy het nog altyd net in die sand geteken, en so bietjie mense in die gemeenskap gehelp met troues se baniere wat geteken moes word.
Die buitelander Jonathan Gibbs het die sketsboek vir hom gegee en gevra hy moes 'n portretskets van hom maak.
Peter het die kans met beide hande aangegryp en begin teken. Gibbs het dadelik sy potensiaal raakgesien en gesê hy gaan hom help om sy kunsloopbaan te begin.
Hy het vir Peter N$500, potlode en 'n sketsboek gegee en gesê hy sal hom mentor en help sodat sy kuns ook met die wêreld kan praat. Peter het elke skets wat hy voltooi het per pos na Londen gestuur sodat Gibbs die kuns kon sien en raad gee.
Gibbs se ondersteuning het nie hier geëindig nie. Gedurende die drie dae wat hy nog in die land was – voor hy na Londen teruggekeer het – het hy Peter gehelp om al die nodige toerusting en materiaal vir sy kuns te kry, en hom ook aan invloedryke mense in die bedryf voorgestel.
Peter het in 1991 die geleentheid gekry om kuns by die Universiteit van Namibië te studeer. Hy het ook nou saam met die Nasionale Kunsgalery se destydse direkteur gewerk om 'n kunsprogram in skole van stapel te stuur.
“Ons het kuns en kunsopleiding in verskeie skole oraloor die land gedoen, want ons wou hierdie passie vir kuns ook onder jongmense bevorder.”
Peter het sy kunswerke op straat vir tussen N$1,50 en N$5 verkoop.
Hy het ook die geleentheid gekry om kuns in Suid-Afrika te studeer. Hy moes egter in die tweede jaar sy studies laat vaar vanweë 'n tekort aan geld.
Peter se kuns het hom oraloor die wêreld geneem, met projekte in onder meer Amerika, Ghana, Egipte, Berlyn, Duitsland, Australië, Zimbabwe en Botswana.
Peter spesialiseer in verskeie kunsvorme, insluitend teken, gemengde media, skilder en beeldhouwerk.
Hy kerf ook meeste van sy kunswerke vanuit kleimateriaal, wat dan met ink bedek word om afdrukke op lap en papier te maak.
“Dis vir my soveel meer as net blote kuns. Dit gee jou vlerke. Dit genees jou seer en pyn en dis 'n manier om jou stem te laat hoor. Ek sukkel om voor mense te praat, maar wanneer ek met kuns besig is, kan ek praat
Peter het sy eerste kunskompetisie in Frankryk gewen. Dit was 'n visuele kunskompetisie van Unesco. Peter het in 2020 ook die Bank Windhoek Triennial Life Time Achievement-toekenning ontvang vir sy bydrae tot die kunsbedryf.
“In 1991 en 1992 het ons 'n tekort aan kunstenaars in die land gehad, en ek het dit my doelwit gemaak om kunstenaars, veral kinders, op te lei en te mentor. My hart is soos die van 'n kind en daarom geniet ek dit om met kinders te werk en hulle te help om suksesvol te wees.”
Peter sê sy pad met kuns is nog lank nie klaar nie, en hy hoop om in die toekoms meer lewens en harte met sy kuns aan te raak.
– [email protected]
FOTO’s MARISELLE STOFBERG
Peter Mwahalukange se kuns is meer as net mooi illustrasies. Dis sy manier van praat en homself uitdruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie