Waar sal my hulp vandaan kom?
Vandag is ek sommer net lus om te kla. Of dit nou die diens van beslote korporasies, eenmansake, private of openbare maatskappye is, Namibië is geneig om nêrens op die ranglys van menige gebruiker en verbruiker te verskyn nie.
Dit laat my aan die grootste diensverskaffer in die land dink, wat menige Namibiër bitter warm onder die kraag maak. Veral wanneer dit kom by hul data wat goedsmoeds verdwyn. So asof dit nog nooit bestaan het nie.
So het my jongste sus my Saterdag ‘n luitjie gegee en volgens die tyd wat op die skermfoto wys wat sy vir my gestuur het, was ek in Pionierspark langs die krieketveld.
Geen missed call het op my foon geregistreer nie, en tot vandag het dié maatskappy nog nie die stemboodskap vir my gestuur wat sy gelos het nie. Sug. . . Ek dag julle is dan so tops?
Dit bring my by my goose, wat ‘n 2008 Kawasaki KLR650 veeldoelige sportmotorfiets is. Glad nie vinnig nie, maar ai, die lekker begin wanneer ek haar gewillige neus Namib se kant toe op ‘n grondpad draai en Windhoek se tjol agterlaat.
So ontmoet ek via die windgerdloot ‘n man daar uit die verre Kaap, wat 32 jaar se ondervinding in die motorfietsbedryf het.
Ná ek strooi aanjaag en my goose se waterpomp-assie afbreek, kom haal hy haar. Net die assie moet vervang word, en dit word sommer hier in die hoofstad deur ‘n bedrewe passer en draaier gedoen en dié ou joppie sal nie langer as twee weke vat nie. . .
Ek is mismoedig, bevooroordeeld, asook keelvol vir dié mens wat my intelligensie onderskat en kry ná tientalle teenstrydige stories en ses maande se gewag my goose by hom terug. So met die intrapslag sien ek sy staan en huil. Sy lyk sommer verby treurig. Haar verfwerk is beskadig en sy kan ná ses maande by ‘n kêrel met 32 jaar se ondervinding steeds nie die pad vat nie.
In ‘n poging om die brouwerk ongedaan te maak, kos dit my ‘n klein fortuin om parte van Suid-Afrika af te laat kom. Ek ontdek ook ‘n baie belangrike onderdeel wat sommer nét so in die enjin teruggegooi is. Genadiglik kan dieselfde passer en draaier, wat aanvanklik die waterpomp-assie gedraai het, vir my dieselfde onderdeel vevaardig sonder dat ek maande lank daarvoor uit Japan moet wag.
Met alle parte sorgvuldig terug en elke bout en moer tot op die laaste Newton-meter vasgedraai, is ek gereed om die enjin sy eerste draai te gee. Met die eerste probeerslag sit sy aan en, nes ‘n tevrede katjie ná ‘n stewige piering room, purrr sy en ek kan sommer sien daar is ‘n huppel in haar staan.
Maar o wee, met die eerste draai in die buurt gaan staan sy ontevrede en kyk onderlangs knorrig na my. “Ek probeer ten minste help,” sê ek ewe moerig vir haar en begin met die terugstoot huis se kant toe.
By nadere ondersoek blyk dit die nokasketting het op die nokasratte gespring en dan kan die kleppe nie op die regte tyd oop- en toemaak nie. Van die kleppe kan ook ná dese gebuig wees toe die silinder daarteen vasgeslaan het.
Nóg skade.
Ek praat met vele “kundiges”, en ‘n goeie vriend in Pretoria, wat net in KLR-motorfietse spesialiseer, gee my die ontstellende nuus. Die tydketting kan gerek wees (N$1 827), die tensioner kan kapoet wees (N$1 856) en die twee nokasratte wat van Japan bestel word, sal N$1 760 kos. Nou watter een van die drie sal dit dan wees en hoe het dit "gebreek"?
As van die kleppe gebuig is, sal dít, asook die klepsteelseëls vervang moet word: twee inlaatkleppe (N$846), twee uitlaatkleppe (N$1 670), vier klepsteelseëls (N$772). Om dit lig te stel: Ek is sprakeloos.
Al hierdie goed van my goose wat nou moontlik vervang moet word, was 100% reg gewees. Al wat meneer 32 jaar se ondervinding moes vervang, was die waterpomp se assie, wat hy ook nie eers suksesvol kon doen nie. En hy? Wel, hy beskik ‘n jaar later nou oor 33 jaar se ondervinding en loop steeds met ‘n groot smaail in die land rond.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie