Waardasiehof begin op Otjiwarongo
Wetenskaplikheid van isokaart bevraagteken
Elvira Hattingh - Grondeienaars wil demonstreer dat die isokaart waarop plaaswaardasies en gevolglik grondbelasting gebaseer is, nie wetenskaplik die toets kan deurstaan nie en ’n ander formule vir belastingdoeleindes liefs gebruik moet word.
Voorts sal hulle op Otjiwarongo in die waardasiehof toon dat die isokaart, wat vir grondbelastingdoeleindes gebruik word, nie korrek volgens agro-ekologiese sones ingedeel is nie en dat drakrag asook gemiddelde reënvalsyfers vir onderskeie plase nie in ag geneem is nie.
Die waardasiehof het gister in dié dorp se landroshof begin en buiten vir die 350 besware wat uit die Otjiwarongo-omgewing ontvang is, moet sekere uitgestelde sake van grondeienaars van Grootfontein en Gobabis ook nog op die dorp aangehoor word.
Mnr. Mark Kutzner, een van die regsverteenwoordigers, het gesê hulle het geohidroloë en weidingskundiges betrek. Dié kenners, wat insluit mnre. Frank Bockmühl, Leon Lubbe, Jurie Scholtz en Nico de Klerk, het gistermiddag begin om voor mnr. Johannes Shiveni, die voorsittende beampte te getuig.
“Ons gaan aan die hand van satellietfoto’s wys dat die ministerie van grondhervorming se verdeling van grond nie ooreenstem met bestaande sones nie. As ’n voorbeeld hiervan, verwys ons na plase wat langs mekaar geleë is, maar volgens die waardeerder verskillende waardes het. Ons wil graag weet hoe dié berekeninge gemaak is.
“Die weidingkundige, Lubbe, moet wys dat reënsyfers en drakrag nie in berekening gebring is met die waardering van grond nie. Scholtz en De Klerk sal onder meer bewys lewer dat drakrag, reënvalsyfers en groeitydperke van gras ook nie in berekening gebring is nie.”
goeie, beproefde formule
Kutzner sê hulle gaan so ver as om voor te stel dat ’n formule, wat op die ligging en produksiewaarde van ’n plaas geskoei is, voorts deur die ministerie van grondhervorming vir die waardering van plaasgrond gebruik moet word.
“Dit is ’n goeie, beproefde formule wat die toets van tyd deurstaan het en internasionaal die aanvaarbare beginsels is waarvolgens die waarde van grasvlakte (prairie) vasgestel moet word. Die gebruik hiervan mag in die toekoms voorkom dat byvoorbeeld 3 000 besware teen die voorlopige waardasierol ontvang word,” het Kutzner gesê.
“Dit is ook maklik verstaanbaar vir grondeienaars.”
Die regsverteenwoordigers het gevra dat die voorsittende beampte óf ’n uitspraak op grond van die nuwe bewysstukke moet lewer óf grondeienaars die kans gee om dit met die ministerie te bespreek.
hof sit tot 19 september
Namibië het sowat 7 800 grondeienaars, hetsy individue, private organisasies of instansies, wat in besit van die 12 270 kommersiële plase in die land is. Net sowat 281 plase behoort aan buitelanders. Kommersiële plase word in 76 onderskeie isosones verdeel en waardasies wissel tussen N$45 tot N$850 per hektaar. ’n Persentasie daarvan moet as grondbelasting betaal word.
Die sittings is nog tot 19 September geskeduleer en sal ook op Mariental, Keetmanshoop, Outjo, Omaruru en in Windhoek plaasvind. Terselfdertyd wag grondeienaars nog op ’n hoërhofuitspraak wat na verwagting op 31 Oktober gelewer sal word. Indien grondeienaars se saak in die hoërhof slaag, kan dit grondbelasting in sy geheel nietig verklaar.
Die waardasiehof op Otjiwarongo gaan vandag nog voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie