Waardasierol: Twee van vier fases voltooi
‘n Waardasiekonsultant het verduidelik hoe kommersiële grond se waarde uitgewerk is en in die voorlopige 2017-2022-waardasierol vervat sal word.
Elvira Hattingh - Die ministerie van grondhervorming hoop om die voorlopige 2017-2022-waardasierol voor die einde van die jaar vir inspeksie oop te stel.
Gister is die laaste van 17 inligtingsessies vir kommersiële grondeienaars in Windhoek aangebied.
Die ministerie se waardasiekonsultant, mnr. Mukelabai Kabisa, het gister verduidelik die proses is tans in fase twee van vier, wat die insameling van inligting, analise daarvan, waardasies, asook die voorbereiding van die waardasierol insluit.
Die sessie vorm deel van die ministerie se uitreikprogram oraloor die land, waartydens grondeienaars ingelig is oor die proses waarvolgens kommersiële landbougrond se waarde bepaal is, asook die metodologie wat gebruik is.
Kabisa het verduidelik ingevolge die regulasies vir die waardasies van kommersiële lanbougrond in Namibië wat in November verlede jaar gepubliseer is, is die proses in vier fases opgedeel. In die volgende fase sal die voorlopige waardasierol oop vir inspeksie wees, waarna onder meer datums vir die waardasiehof bekend gemaak sal word.
Hy het verduidelik dat die modelle wat nou gebruik word om die waarde van kommersiële landbougrond te bereken, ook die grond se drakrag en die agro-ekologiese sone inreken waarin dit geleë is.
Hy het gewys hoe die waardeerders plaasverkope oor die afgelope vyf jaar in die Khomasstreek geanaliseer het om die waardes van landbougrond, binne gegewe agro-ekologiese sones, uit te werk.
Die verkope word ook eers volgens die grond se grootte, datum van verkoop en ander besonderhede van die individuele transaksies opgedeel, voor dit geanaliseer word.
Kabisa het verduidelik dat verbeteringe op die plaas nie belas word nie, en ook hoe die waarde van onder meer geboue, pompe en ander strukture op die plaas bereken word en dan by die verkoopsprys afgetrek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie