Waardevolle wyn uit woedende Irma se pad 'gered'
Waardevolle wyn uit woedende Irma se pad 'gered'

Waardevolle wyn uit woedende Irma se pad 'gered'

Wyn ter waarde van miljoene rande word gered uit huise in die Amerikaanse state Florida en Louisiana wat in die pad is van die voortwoedende orkaan Irma.

Irma het reeds totale chaos en verwoesting op die Karibiese Eilande gesaai.

Die wyn word in plaaslike weerbestande kelders gebêre en word selfs gestuur na temperatuurbeheerde store so ver as die staat New Jersey.

Baie word besit deur filantrope wat die wyn laat oud word tot dit perfek is, om dit dan aan liefdadigheidsorganisasies te gee.

Dié bottels word dan opgeveil, dikwels spesifiek vir rampfondse, het Adam Gungle, uitvoerende hoof van Xpeditr, 'n wynvervoerder van New Jersey, gesê.

“'n Orkaan kan delikate vloeibare geskiedenis uitwis. Die orkane Andrew, Katrina en Sandy het wyn ter waarde van tientalle miljoene dollar verwoes,” sê Gungle.

Orkane laat die krag in beheerde stoorkamers uitskop waar die wyn teen presies 12,7 grade Celsius gebêre word, soos dit gedoen moet word met die beste voggies.

Die bottels se kurke word uitgedruk en hulle ontplof selfs as die temperatuur te vinnig verander. Dan is daar nog die skade as water in die bergplekke kom en die etikette van die bottels afweek – en in die proppe insypel.

Vroeër die week is reeds sowat 20 000 bottels ter waarde van minstens $5 miljoen uit motorhuise en kelders gehaal van huise in Florida en Louisiana, sommige van wynversamelaars wat reeds verliese gely het tydens die orkaan Katrina in 2005, het Gungle gesê.

Volgens hom het baie van die bottels reeds die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog oorleef.

In Palm Beach Gardens in Florida is daar 'n bergplek vir wyn wat gebou is om wind van 253 km/h te weerstaan en dit is reeds propvol gepak, sê Drew Feinberg, 'n sommelier. Die bergplek sal met gaskragopwekkers op temperatuur gehou word indien die krag uitskop. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!