Waarheen lei die pad jou vandag?
Gerine Hoff – Waaraan dink jy terwyl jy agter die stuur sit en iewers heen op pad is?
Is dit jou bestemming? Die roete wat jy moet volg? Die persoon voor jou wat ry asof hy/sy ’n Sondagmiddaguitstappie neem, of dié wat soos besetenes jaag omdat hulle ’n vinnige kar het?
Of dink jy aan alles wat jy nog vandag moet doen? Die inkopies vir vanaand se ete, môre se braai, volgende week se kosblikke. Watter pad die kortste is na boeta se sokkeroefening, sussa se ballet of hoekom jy nie al vroeër daarheen begin ry het nie?
Of is dit ’n paar minute se rus en vrede waarin jy jou eie geselskap geniet?
Met dié dat ek al twee jaar van die huis af werk en net elke dan en wan kantoor toe gaan, ry ek veel minder rond. Tog is dit interessant om te sien watter karakters jy in die motors rondom jou sien.
Maak nie saak watter tyd van die dag dit is nie.
Mens begin mos mettertyd die motors herken wat ook sekere tye saam met jou op die pad is, maar as jy elke keer op ’n ander tyd ry, is daar altyd “nuwe gesigte”.
Een oggend op pad kantoor toe, stop ek by ’n verkeerslig en bekyk die mense rondom my. Agter my is ’n paartjie wat nie met mekaar praat nie – hy (die bestuurder) sit en kyk hoe die wêreld om hom beweeg en sy sit – kop geboë – en lees stip op haar selfoon. Dalk lees sy vir hom iets interessants of dalk is hulle moeg gesels. Wie weet.
Links van my sing iemand te lekker saam aan daai 80’s-treffer wat ook op my radio speel (ja, ek sing ook saam – wat is dan nou lekkerder?).
Voor my sien ek hoe beduie die bestuurder vir sy passasier hewig met sy hande. Lyk soos ’n vreeslik geanimeerde gesprek. En oorkant die straat, is daar ’n ma en jongerige kind wat lyk asof hulle ’n vreeslike diep gesprek voer.
Ander kere is ek op die uitkyk vir bekende nommerplate. “Vanity plates” maak dit natuurlik deesdae veel makliker om mense te identifiseer.
Snaaks genoeg kry ek gereeld vir sekere mense in sekere dele van Windhoek se strate.
Byvoorbeeld ry ek en vriendin Hantie gereeld op Jan Jonkerweg by mekaar verby. Dis ook om en by dieselfde plek waar ek en my broer mekaar elke nou en dan kry. Heel vreemd. As dit nie ’n té gejaagde dag is nie, word daar nog wild vir mekaar gewaai of ligte geflikker.
Party dae is daar eenvoudig nie genoeg ure in die dag nie, en dan word die 10, 15 minute se ry gebruik om ’n paar telefoonoproepe in te haal – met die bluetooth/hands free natuurlik! Of dis ’n lekker klets met vriendinne of niggies wat ver weg sit of ’n vinnige inhaal van werkgoed en jy kan die paar ekstra minute produktief gebruik.
As daar langpad gery word, is mens se gedagtes natuurlik weer heeltemal op ’n ander plek. Dis dan wat mens oor ernstige dinge in die lewe nadink en wonder of die antwoord oor die lewe, die heelal en alles, soos Douglas Adams in A Hitchhikers Guide to the Galaxy geskryf het, regtig 42 is, of dalk iets anders.
Waar ookal die pad jou vandag vat, hou die rit veilig!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie