Waarom Namibië ’n fantastiese land is
Trots ná 30 jaar
Namibiërs vertel waarom ons land uniek is.
Hella Iiputa (22)
Namibië is ’n baie unieke land weens sy kulturele diversiteit. Dit is ’n vreedsame land waar mense hul sienings sonder vrees kan uitspreek, veral in die media. Ons het ’n grondwet wat gelykheid bevorder. Ons het ’n baie aktiewe toerismebedryf wat ’n belangrike bron van inkomste vir ons regering is.
Selma Mulilo (23)
Namibië is ’n fantastiese land weens ons politieke vrede en stabiliteit. Die land is ryk aan natuurlike hulpbronne wat noodsaaklik is vir die inkomste van ons regering om ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Die instelling van gratis primêre en sekondêre onderwys was ’n groot inisiatief, want elke Namibiese kind kry ’n kans om goeie basiese onderrig te ontvang.
Immanuel Stefanus (28)
Namibië is wonderlik omdat ons die basiese noodsaaklikhede soos water en gesondheidsgeriewe het. Namibië het baie goeie paaie en ons het ’n ryk toerismebedryf. Ons het soveel geskiedkundige plekke wat besoek kan word, asook beeldskone natuur.
Petrus Nakwafila (29)
Namibië het asemrowende landskappe en sterk trekpleisters vir toeriste soos die Etosha Nasionale Park, wat ’n groot verskeidenheid van unieke wilde diere het. Ons het vrede, liefde en harmonie, daarom is ons een Namibië, een nasie. Namibië het verskillende kulture en etniese groepe, tog het ons ’n sterk gees van eenheid en ons is polities onafhanklik.
Iyaloo George (20)
Namibië bied stilte en die kans om regtig van die wêreld weg te breek. In ’n oorbevolkte wêreld bied Namibië sielsrus met baie asemrowende toeriste-aantreklikhede. Namibië is ’n diverse land met verskillende interessante kulture om te ontdek.
Frank
Hoewel ek van die ouer garde is, is ek trots op my land. Ek waardeer dit om in vrede hier te kan leef. Ek wens almal ’n gelukkige en veilige toekoms toe.
De Wet
Baie geluk Namibië met jou 30ste verjaarsdag. Ek hoop daar is nog 30 wat kom. Hopelik kan ons almal nog ’n mooi pad saam stap. Dit is baie lekker om saam met almal in die land te bly.
Angel Strauss
Dit is en sal altyd ’n fantastiese land wees om in te bly. Dit is die beste en mooiste land wat jy kan kry.
Magdalena Blaauw
Namibië is ’n vredeliewende land en ons kan 30 jaar van onafhanklikheid vier.
Simpson Makhia
Ek is ’n trotse Namibiër. Ons is 30 jaar oud en het vryheid en gelykheid in die land, en dit maak my baie trots.
Rosi Schlechter
Hoewel alles die afgelope 30 jaar nie altyd die beste was nie, wens ek al die inwoners die mooiste toe. Ons is nie almal volmaak nie, maar kom ons staan saam en werk as ’n eenheid vir die volgende 30 jaar vir ons mooi land en wys vir die wêreld ons is die beste.
Sven
Dit is ná 30 jaar steeds die beste plek om te bly. Ek is opgewonde oor die volgende 30 jaar wat kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie