Waarskuwing oor bedrogspul met herdershonde
Die Cheetah Conservation Fund (CCF) naby Otjiwarongo waarsku Namibiese boere teen ‘n bedrogspul met ‘n hondeteelprogram.
“Ons het inligting ontvang dat herdershonde deur persone op plase uitgeplaas word wat nie by die CCF betrokke is nie,” lui ‘n mediaverslag.
Die Anatoliese en Kangalherdershondjies word glo deur ‘n onbekende teler teen tussen N$3 000 en N$5 000 direk aan boere verkoop.
“CCF se plasingsfooi vir die herdershonde is baie laer, so hondjies teen hierdie prys kom nie van die CCF af nie.”
CCF waarsku dat hierdie honde nie deel is van hul veewagterhonde-program (LGD) nie en hulle is nie opgelei om vee op te pas nie.
Boere kan vir mnr. O’Flaherty, CCF se bestuurder van die LGD, by 081 603 0683 kontak om te bepaal of hulle ingeloop is. CCF sal boere bystaan as hulle ingeloop is en bepaal of hul honde wel van CCF se hondeprogram is of nie.
CCF se honde is elk met ‘n mikroskyfie toegerus wat deur ‘n veearts geskandeer kan word.
Foto CCF
“Alle honde van CCF het ‘n mikroskyfie met sy eie unieke nommer en slegs CCF-personeel ken die nommers,” sê CCF.
“Het jy twee hondjies op dieselfde tyd gekry? CCF sal slegs een hond op ‘n plaas plaas, sodat die honde saam met die vee grootword en aan hulle geheg word en nie aan ‘n broer of suster nie.”
Al CCF se honde is ook gekastreer of gesteriliseer.
Personeel van CCF sal ook ná ‘n amptelike plasing van honde ná drie maande, ses maande en 12 maande en daarna jaarlikse opvolgbesoeke doen om te kyk hoe dit met die honde gaan.
“CCF soek inligting om die bron van die hondebedrogspul te help identifiseer. CCF is bereid om saam met boere te werk wat hierdie hondjies ontvang het om hulle te adviseer oor hul sorg en opleiding.”
Boere kan ook vir dr. Laurie Marker, CCF se stigter en uitvoerende direkteur, by 081 124 7887 of [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie