Oorgrote Namibiu00eb teen swaar reu00ebn gewaarsku
Oorgrote Namibiu00eb teen swaar reu00ebn gewaarsku

Oorgrote Namibië teen swaar reën gewaarsku

Elvira Hattingh
Weerkenners het pas 'n waarskuwing vir agt streke in Namibië vir swaar reën oor die naweek uitgereik.

“Kitsvloede is ‘n moontlikheid in die meeste van die streke oor die naweek,” het die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, so pas gesê. Volgens hom moet die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas-, Hardap- en ||Kharasstreek bedag op sterk reënneerslae oor die naweek wees.

Nasionale weerdienste maan dat wydverspreide en swaar reënstorms van meer as 50 mm op plekke in die noordoostelike helfte van die land, sentrale dele asook die suidelike streke oor die naweek verwag word.

“Die tropiese depressie, wat die nalatenskap is van sikloon Ana wat sowat ‘n week vantevore in die Mosambiekkanaal ontstaan het, sal vir beduidende reën in die gebiede oor die naweek sorg,” het Kgobetsi gesê. Terselfdertyd word matige tot sterk winde oor die binneland verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!