Waarskuwing: Swaar reën vir Noord- en Suidweste
Dié reën is te danke aan vogtige lug wat afbeweeg van die Indiese Oseaan af tussen die Atlantiese Oseaan en 'n antisikloon wat Oos van die kontinent lê.
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor het 'n waarskuwing vir vandag vir swaar reën op plekke in die Noordweste en Suidweste van die land uitgereik.
Die binneland sal gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste, Ooste en Suidooste wees, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm sal wees, met geïsoleerde en verspreide donderbuie in die Noordweste en Suidweste.
Selfs vir die kus word gedeeltelike bewolkte en koel tot warm weer met reënbuie voorspel.
Intussen dui weerkaarte wat deur die Nasionale Sentrums vir Omgewingsvoorspelling bygehou word dat nog reën vir Namibië oor die volgende twee weke verwag word, met veral die tydperk tussen 7 en 15 November wat belowend lyk.
Dié reën is te danke aan vogtige lug wat afbeweeg van die Indiese Oseaan af tussen die Atlantiese Oseaan en 'n antisikloon wat oos van die kontinent lê.
Die antisikloon wat aanvanklik koue weer na plekke in Suid-Afrika gebring het, lê nou suid van Madagaskar en het volgens Storm Report SA gekrimp.
“Dit het ook van vorm verander, wat beteken die lug wat van die Noorde af inbeweeg is nou warm en swaar belaai met vog van die warmer Indiese Oseaan af. Dié lug beweeg afwaarts oor suidelike Afrika na die drie laedrukstelsels wat tans oor die suide van die kontinent, of die westelike kus, geleë is. Die sentrale as van dié stelsels stoot oor die Atlantiese Oseaan uit,” lui dié weervoorspeller se verduideliking.
“As gevolg van die samevloei van die Atlantiese lug raak die weer onstabiel aan die ooste van die as, wat tot donderbuie en –storms oor die groter dele van Namibië, die Oos-Kaap en die meeste dele van die Sentrale en Wes-Kaap lei. Dié onstabiliteit word vererger deur die vogtige lug wat van die noordweste af in die boonste atmosfeer inbeweeg.”
Volgens AccuWeather.com het Windhoek môre 'n 50% kans op reën, terwyl die kans op reën op Keetmanshoop 50% vir vandag is, waarna meer sonnige weer verwag word.
Otjiwarongo se kans op reën is 60% vir beide môre en Vrydag, terwyl daar 'n kans van onderskeidelik 47% en 51% bestaan dat Grootfontein en Oshakati Vrydag reën kan ontvang.
Intussen het Facebook-gebruikers van Outjo en Usakos tot Grootfontein en Mariental gesê hulle het goeie reën ontvang.
Altesaam 40 mm is gisteroggend op Outjo gemeet, terwyl dit glo bykans 20 mm op Otjiwarongo gereën het.
Windhoekers het tussen 4 mm en 17 mm uit hul reënmeters gegooi en dit het glo 7 mm op Keetmanshoop gereën. Mariental het 6 mm reën ontvang.
Naby die Duwiseb-kasteel in die suidweste van die Namibwoestyn het dit gereën en gehael, terwyl Mariental ook reën gekry het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie