Wafels met heuning en melksorbet
Wafels met heuning en melksorbet

Wafels met heuning en melksorbet

Wie't gesê wafels en roomys is so ongesond? Die sorbet bevat min vet en die wafels is van bruinbroodmeel.

Sorbet

210 g (250 ml) strooisuiker

250 ml water

500 ml laevetmelksap en skil van 1 lemmetjie

5 ml vanieljegeursel

Wafels

375 ml (210 g) bruinbroodmeel

5 ml sout

20 ml suiker

15 ml bakpoeier

2 eiers

250 ml laevetmelk

20 ml gesmelte botter

100 g pistasieneute, gekap

80 ml heuning

So maak jy:

Meng strooisuiker en water in 'n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut vir 3 minute. Meng melk, sap en skil van lemmetjie en vanielje by. Laat afkoel tot yskoud. Vries in 'n roomysmasjien of sien wenk onder. Vir die wafels: Meng meel, sout, suiker en bakpoeier. Klits eiers, melk en botter saam. Meng droë bestanddele met die eiermengsel en laat rus in yskas vir 15 minute. Verhit 'n wafelpan. Skep van die mengsel in die middel van die pan. Braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm terwyl jy die res braai. Skep balle sorbet met 'n roomyslepel bo-op gaar wafels. Sprinkel neute oor en gooi heuning oor. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!