• Tuisblad
  • Afrika
  • Wag 'n huis in Afrika vir Harry, Meghan en hul baba?
Wag 'n huis in Afrika vir Harry, Meghan en hul baba?
Wag 'n huis in Afrika vir Harry, Meghan en hul baba?

Wag 'n huis in Afrika vir Harry, Meghan en hul baba?

Paleisamptenare wil glo die egpaar se “rocksterstatus” optimaal benut.
Gaan prins Harry en Meghan aanstaande jaar met hul kleinding na Afrika verhuis?

Dié vraag hang in die lug nadat die Britse Sunday Times Sondag eksklusief berig het ’n nuwe rol in die buiteland – moontlik Afrika – wag op die Sussexe.

Hoewel Buckinghampaleis die berigte in die Sunday Times as spekulatief bestempel het, het die paleis bygevoeg dat “geen besluit nog oor hul toekomstige rolle geneem is nie. Die hertog sal voortgaan om sy rol as jeugambassadeur van die Statebond te vervul”.

Volgens die berig wil paleisamptenare die egpaar se “rocksterstatus” optimaal benut.

Die plan vir die nuwe rolle én verhuising is nog in sy kinderskoene, maar die feit dat die paleis kommentaar gelewer het in reaksie, spreek ook boekdele.

Roya Nikkah, een van die twee skrywers van die hoofberig, is bekend vir haar eksklusiewe berigte oor die koningshuis. Sy was verlede jaar die eerste koninklike korrespondent om te berig dat die Sussexe en Cambridge-egpaar se paaie sou skei en elkeen ’n afsonderlike hof sou kry.

’n Koninklike voorbeeld

Koningin Elizabeth, toe nog prinses Elizabeth, het ook ná haar huwelik met prins Philip vir twee jaar in Malta gewoon. Dit was van die gelukkigste tye van die koningin se lewe. Philip was ’n vlootoffisier en sy het tuisgebly.

Die verhuising in 2020

Nikkah en Tim Shipman skryf in hul berigte planne word beraam om ’n “groot internasionale werk” vir die Sussex-egpaar te bewerkstellig. Hoewel planne nog in die beginstadium is, is ’n verhuising na die buiteland, glo Afrika, glo aanstaande jaar op die kaarte.

Koninklike verslaggewers was versigtig om op sosiale media kommentaar te lewer, hoewel Phil Dampier en Dickie Arbiter, albei gerekende koninklike kenners, die berig op ’n binneblad in die Sunday Times – dat William nou vrede met sy toekomstige rol as prins van Wallis en koning gemaak het – as bisar en nonsens bestempel.

Die twee broers

In die berig op die binneblad word verder gespekuleer dat William moontlik oorskadu mag voel deur al die aandag wat Harry die afgelope jaar gekry het. Die twee broers se grondwetlike rolle verskil ook baie.

William is ’n toekomstige koning terwyl Harry sy eie rol vir hom moet uitkap op die koninklike toneel.

Richard Palmer, koninklike korrespondent van die Daily Express, het Sondag egter getwiet Buckingpaleis ontken nie dat amptenare al in gesprek was om Harry en Meghan na Afrika te stuur nie – juis omdat hulle so ’n groot aanklank onder jong mense het – én om meer afstand tussen hulle en die Cambridge-egpaar te skep.

Wie baklei met wie?

Hardnekkige gerugte dat Catherine en Meghan nie langs dieselfde vuur sit nie, doen al geruime tyd die rondte. Later is berig dit is eintlik die twee broers wat krapperig met mekaar is, glo omdat William van mening was Harry was te haastig om met Meghan te trou.

Die twee het Sondag ook nie 'n woord vir mekaar te sê gehad toe hulle buite die St. George-kapel in Windsor gesien is nie. Hulle het die erediens saam met hul ouma, koningin Elizabeth, bygewoon.

Liefde vir Afrika

Die paartjie, wat eersdaags ouers word, het Afrika al telkemale besoek om liefdadigheidswerk te doen. Dit is ook in Botswana waar hulle kort ná hul ontmoeting oor hul toekomsplanne kon gesels en waar Harry besluit het Meghan is die vrou vir hom.

Harry het as 19-jarige reeds die Sentebale-sentrums in Lesotho op die been gebring vir vigswesies en Meghan het voor haar huwelik ook na Afrika gereis as ambassadeur vir die Verenigde Nasies se kinderfonds.

Harry is ook ten nouste betrokke by die bewaring van renosters en olifante in Suider-Afrika

Botswana, Malawi of Suid-Afrika?

Volgens Rebecca English van die Daily Mail wou Harry nog altyd sabbatsverlof geneem het om in Afrika deur te bring.

Volgens English sal die Sussexe moontlik ‘n tydperk van ses maande op die kontinent deurbring. Harry het al dikwels na Botswana as sy tweede huis verwys en ‘n diamant uit dié land pronk in Meghan se verloofring.

Harry het ook al gesê as hy nie ‘n prins was nie, sou hy graag ‘n wildlewe fotograaf in Afrika wou wees.

‘n Verlengde tydperk in Afrika sal die prins ook die kans bied om op sy groot passies: die natuur, omgewing en onderrig te fokus. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!