Waghond wil Guptas se mynfondse bevries
Die fondse is bedoel om omgewingskade in en om die steenkoolmyne te herstel.
Vida Booysen - ’n Belasting-waghond in Suid-Afrika is Dinsdag hof toe om te probeer keer dat geld uit Gupta-beheerde steenkoolmyne se rehabilitasiefondse verdwyn
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ’n dringende interdik teen die Bank of Baroda aangevra wat daarop gemik is om die Gupta-beheerde Optimum- en Koornfontein-steenkoolmyn se rehabilitasiefondse te bevries.
Dié twee fondse is R1,75 miljard werd.
Die interdik is volgens ’n verklaring deur Outa in die hooggeregshof in Pretoria aangevra. Dit volg op die afwysing van die Guptas se aansoek om dié bank te probeer keer om hul rekeninge te sluit.
Die Bank of Baroda was glo die laaste bank in die land wat nog bereid was om met die Guptas sake te doen nadat ander banke hulle van die omstrede familie, wat noue bande met pres. Jacob Zuma het, gedistansieer het.
Volgens ’n verklaring van Outa tree hy nou op om te keer dat die rehablilitasiefondse verdwyn.
“Ons wil verseker dat die geld nie die land verlaat of in die Guptas se sak beland nie,” sê Ben Theron, bedryfshoof van Outa.
Outa glo dié trustfondse verteenwoordig meer as 90% van die deposito’s wat deur die Bank of Baroda in Suid-Afrika in bewaring gehou is. Outa het onlangs ’n beroep op Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, en die Reserwebank, gedoen om die fondse te beveilig. Geen antwoord is op dié versoek ontvang nie, lui die verklaring.
Julius Kleynhans, Outa se portefeuljebestuurder vir water en omgewingsake, sê die fondse is bedoel om omgewingskade in en om die steenkoolmyne te herstel.
Wetgewing vereis dat die geld wat in trust gehou word in myne se rehabilitasiefondse nie gebruik kan word vir enige ander doelwit as om omgewingskade wat deur mynboubedrywighede aangerig word, te rehabiliteer nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie