Wallis het een hand op Sesnasies-kroon
Rugby
Eddie Jones was oudergewoonte op sy stukke nadat Engeland Saterdag op Twickenham Frankryk se Sesnasies-aanslag ’n groot knou gegee het met ’n sege van 23-20 oor die Hane.
Jones (hoofafrigter) glo die Rose het met dié vasbyt-oorwinning die voortou geneem in die wedloop na 2023 se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.
Die Franse word as een van die gunstelinge beskou om – met tuisveldvoordeel as bondgenoot – in 2023 die Webb Ellis-beker te verower.
“Hulle word beskryf as die beste span in die wêreld. Hulle ís ’n goeie span met spelers van gehalte en hy word goed afgerig.
“Ons het voor die wedstryd vir ons spelers gesê ons is in ’n wedloop teen hulle gewikkel op pad na die WB-toernooi.
“Hulle ontwikkel en ons ontwikkel en dit sal ’n goeie wedloop wees. Ek glo ons het vandag die voortou geneem,” het Jones Saterdag gesê.
Ná nederlae teen Skotland en Wallis sover in die reeks was Jones en sy Engelse span opnuut onder druk, maar hy het siniese Engelse rugbyskrywers daarop gewys dat die oorwinning oor Frankryk bevestig dat sy span op koers is in die aanloop na die WB-toernooi.
“Ons sou altyd ná die toernooi in 2019 ’n spelpatroon moes skep wat ons na die volgende een kan vat. Natuurlik gaan daar terugslae wees. Solank jy as ’n beter en sterker span aan die ander kant uitkom.
“Almal het geweet ons moet ons spel in die Sesnasies-reeks ontwikkel en ons kry stadigaan die balans reg tussen aanval en skop. Ons het vandag waarskynlik nog ’n tree vorentoe gegee.
“Ons ingesteldheid was regtig goed en Owen (Farrell) se leierskap was uitstaande.”
• ’n Verloor-bonuspunt kan Saterdagaand in Parys genoeg wees vir Wallis om die Sesnasies-titel te beklink.
Wallis, wat sover vier uit vier gewen het, kan ook die gesogte Grand Slam wen as die Drake die Les Bleus in die Stade de France kan klop.
Frankryk moet, afgesien van die wedstryd, ook nog teen Skotland speel nadat die spanne se ontmoeting weens ’n Covid-krisis in die Hane-kamp uitgestel is.
Wallis het Saterdag in Rome korte mette van Italië gemaak en met 48-7 geseëvier.
“Ons het gedoen wat nodig was,” het Wayne Pivac, afrigter van Wallis, gesê.
• Ierland het Sondagaand in die tweede plek op die puntelys ingeskuif met ’n oorwinning van 27-24 oor Skotland op Murrayfield.
Die besoekers moes diep in die tweede helfte ’n groot aanslag van die Skotte afweer en het uiteindelik ’n strafdoel deur Johnny Sexton (losskakel) in die 76ste minuut nodig gehad om die knoop deur te hak.
Die Iere speel Saterdag tuis teen Engeland, maar kan nie meer die Drake inhaal nie.
• Puntemakers: : Drieë: Robbie Henshaw, Tadhg Beirne. Strafdoele: Johnny Sexton (5). Doelskop: Sexton. Skotland 24 (10): Drieë: Finn Russell, Huw Jones, Hamish Watson. Strafdoel: Russell. Doelskoppe: Russell, Stuart Hogg (2).
– Netwerk24, bbc.com
FOTO’s
Die Skotse linkervleuel, Huw Jones, druk Sondag sy span se tweede drie in die Sesnasies-wedstryd teen Ierland op Murrayfield. Foto: Getty Images
Die Ierse veteraan-losskakel, Johnny Sexton, het Sondagaand die Skotte se harte gebreek met dié strafdoel in die 76ste minuut op Murrayfield. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie