Walter beloof slegte nuus vir uitdager
Walter beloof slegte nuus vir uitdager

Walter beloof slegte nuus vir uitdager

Boks
Andrew Poolman
Andrew Poolman - My volgende teregstelling word Saterdag uitgevoer. Moenie laat kom nie, want die geveg gaan nie lank duur nie. Daar gaan nie tyd gemors word nie, want boksers verdien nie oortydbetaling nie.

Só het Walter Kautondokwa (The Executioner) gister gesê toe hy en sy Tanzaniese uitdager Meshack Mwankemwa mekaar in lewende lywe ontmoet het.

Die twee middelgewigte raak Saterdagaand by die Windhoek Buiteklub in die hoofgeveg van die MTC Sunshine Promosies se gevegsaand met die naam “Champions in Action” slaags.

Kautondokwa verdedig sy titel as WBO Afrika middelgewigkampioen en hoewel die Tanzaniër duidelik gewys het dat hy nie geïntimideer voel nie, lyk hy op die oog af nie soos die man wat die momentum van die Namibiese koning van uitklophoue gaan stuit nie.

Mwankemwa se rekord staan op 17 oorwinnings (tien uitklophoue), twee gelykopuitslae en drie nederlae, waarin hy net een keer uitgeslaan is.

Soos die Tanzaniër egter by gister se nuuskonferensie uitgewys het, was sy enigste nederlae in gevegte in Europa (twee keer in Rusland) en is hy trots daarop dat hy nog nooit in Afrika geklop is nie.

Volgens Boxrec was sy eerste nederlaag twee jaar gelede egter wel in sy geboorteland, toe sy landgenoot Hamis Samson as die eenparige puntewenner aangewys is.

Wanneer Kautondokwa 'n vroeë uitklophou beloof, dra dit 'n bietjie meer gewig as die meeste ander boksers se woorde.

Die Namibiër het in sy 15 beroepsgevegte sover net één keer (sy debuut oor vier rondes) 'n eenparige punte-oorwinning van die tellinghouers nodig gehad.

In sy 14 gevegte sedertdien lees die rondes waarin hy sy opponent tot oorgawe gedwing het soos volg: 4, 1, 1,1, 1, 3, 5, 3, 2, 1, 1, 6, 10, 5.

Kragtige lyfhoue met albei hande is die lang Namibiër se bekendste aanvalswapen en 'n mens sal moet sien of die Tanzaniër sy bravade van gister gestand sal kan doen wanneer die skote begin klap.

Altesame tien gevegte is op die program vir die aand, met die onoorwonne weltergewig Mika Shonena wat teen Uganda se Juma Waiswa opgeweeg word. Die beloning is die vakante WBO Afrika-gordel.

Namibiese vegters soos Emanuel Mungandjela (teen sy landgenoot Ebenestus “Mendu” Kaangundue), Paulinus Paulus, Onesmus Nekundi en die belowende jong Harry Simon Junior is ander trekpleisters.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!