Walters reageer op Venaani-aanval
Walters reageer op Venaani-aanval

Walters reageer op Venaani-aanval

Die ombudsman antwoord op kapingbewerings.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die ombudsman, adv. John Walters het gister by navraag ontken hy en sy kantoor is gekaap.

“Dit is nie so nie. Ons probeer ons bes om die mense van die land te dien.”

Hy wil geen verskonings maak vir vertragings nie en het reeds om verskoning gevra omdat sommige ondersoeke lank duur.

“Dit neem tyd. Ons vertraag sake nie met opset nie.”

Eweneens wil hy nie teenaanvalle op sy kritici loods nie.

Volgens Walters het die parlement sy kantoor in die steek geland.

Ondanks sy jaarverslae wat in die parlement ter tafel gelê word en waarin hy die leemtes en gebrekkige hulpbronne uitwys, het geen haan die afgelope 15 jaar daaroor gekraai nie.Walters sê sy kantoor word daagliks met navrae oorval.

Walters se opmerkings kom nadat mnr. McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), gesê het: “Die staat het die kantoor van die ombudsman gekaap. Die staat bepaal wat hy (die ombudsman) ondersoek.”

Die politikus het ’n beroep gedoen op Walters om ’n ondersoek te gelas na die aantal weergmaggrootkoppe wat op hervestigingsgrond boer.

Venaani het gisteroggend ook onder pres. Hage Geingob ingeklim oor die staatshoof se hantering van die voortslepende droogte.

Volgens hom heers die noodtoestand nie in stadsale nie.

Sou Geingob nie sélf by die gemeenskappe en op die plase uitkom wat onder die ellende van die droogte gebuk gaan nie, kan sy voorgenome stadsaalgesprekke as niks as anders ’n verkiesingsfoefie gesien word nie, sê Venaani.

Geingob het verlede week aangekondig hy gaan oraloor na boere in die land luister oor die impak van die droogte.

Dié gesprekke, ’n voortsetting van ’n inisiatief van vyf jaar gelede, vind hoofsaaklik in dorpe se stadsale plaas.

Venaani het voorts gesê Geingob leef nie beraadslagende leierskap uit soos die staatshoof preek nie.

Die PDM probeer glo al die afgelope vyf jaar onsuksesvol om hom gespreek te kry.

Moratorium op hervestiging

Op ’n nuuskonferensie gister in die hoofstad het die opposisieleier gevra vir ’n moratorium op hervestiging.

Sy voorstel is die regering moet alle grond wat tans beskikbaar is vir hervestiging aan droogtegeteisterde boere skenk.

Sodanige boere moet ’n jaar gegun word om hulself te bewys en nie die eienaars van die grond word nie, sê hy.

Venaani en van sy leierskorps is tans besig om hulle te vergewis van hoe die droogte gemeenskappe raak.

Hulle het die afgelope week teruggekeer uit die Erongostreek waar hulle onder meer tussen Omaruru en Karibib oornag het waar lede van die weermag glo koning oor hervestigingsgrond kraai.

Oor Katrina

Venaani sê ofskoon Katrina Hanse-Himarwa ’n dierbare vriendin van hom is, is hy bly sy het bedank nadat sy aan korrupsie skuldig bevind is.

“Ek dink sy het die eerbare ding gedoen. Dis ’n hartseer saak, maar ons moet almal daaruit leer.”

Hy was effens geskok oor ’n uitlating Maandagaand deur Geingob dat ’n mens moet onthou Hanse-Himarwa het die korrupsie gepleeg toe sy ’n goewerneur was en nie tydens haar termyn as minister nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!