Walvis vrek ná reddingspoging

Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Gestrande jong Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis) is verlede Woensdag in Grosse Bucht by Lüderitz ontdek.

Dié voorval is by mnr. JP Roux, van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in Lüderitz, aangemeld.

Werkers van die ministerie, inwoners en selfs toeriste het op die strand ssamgedrom om die walvis te probeer red.

Sand is onder die walvis uitgegrawe om ’n poel te skep en met seewater te vul om die drukking op sy ribbekas te verminder.

Seile en ’n net is onder die walvis gesit, wat bietjie meer as vier meter lank was en amper ’n ton geweeg het, en hy is sowat 80 m ver na die see toe gedra.

“Hy was baie deurmekaar en wou twee keer terug land toe swem. Gelukkig was daar twee mans in die water wat hom na dieper water gelei het,” het Roux gesê.

“Ongelukkig het ons die walvis Donderdagoggend op die strand gevind waar hy gevrek het. Hy lê op ’n baie ontoeganklike plek en ons kon nog nie by hom uitkom om ondersoek in te stel nie. Ons weet nie hoekom hy dood is nie,” het hy gesê.

“Die spanwerk van so baie mense het dit moontlik gemaak dat die walvis weer in die see vrygelaat kon word. Dit is baie hartseer dat hy dit nie gemaak het nie,” het Roux gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!