Walvisbaai gasheer vir Afrika-kampioenskap

Gimnastiek
Tielman van Lill
Die Namibiese Gimnastiekfederasie het opnuut die eer om die sport se Afrika-kampioenskap vanaf komende Sondag tot 3 September in Walvisbaai se binnenshuise sportsentrum aan te bied.
Gimnaste van sewe lande (insluitend Namibië) sal deelneem.
Die room van Algerië, Angola, Egipte, Kaap Verde, Zimbabwe, Suid-Afrika en Namibië se eie gimnaste sal medaljes in ritmiese gimnastiek, die trampolien- en tuimel-dissiplines asook op die mini-dubbeltrampolien jaag.

Die span van Namibië is:
Ritmiese gimnastiek: Allison ­Duvenhage, Sina Gawises en Clara Reyero (juniors). Timiica van Wyk, Rolize-Marie Kirsten, Maria Gawises en Trusty Kavezuva (seniors); Wietsa Snyman (spanbestuurder), Roumiana Kostin, Zlata Todorova en Eleanora Karmafilova (afrigters) en Britt Adonis (beoordelaar).
Tuimelgimnastiek: Carane van Zyl, Thalia Loveira (junior meisies); Emille Pitt, Riaan Jantjies (junior seuns).
Trampoliengimnastiek: Charlize van Zyl, Carane van Zyl, Meagan le Roux, Thalia Loveira en Nicole Gruhn (junior meisies); Lance Potgieter, Hanro de Jager, Kamaz Nechville en Louis van Niekerk (junior seuns).
Mini-dubbeltrampolien: Meagan le Roux, Thalia Loveira, Nicole Gruhn, Charlize van Zyl en Carane van Zyl (junior meisies). Lance Potgieter, Kamaz Nechville, Louis van Niekerk en Hanro de Jager (junior seuns); Jacqui Snyders (spanbestuurder), Vesselin Kostin (afrigter en ’n beoordelaar), Vaughn Ahrens, Tuyeni Haufiku en Johan Kruger (afrigters).

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer