Walvisbaai kry nóg ’n inentingspunt
Leandrea Louw op Walvisbaai – Walvisbaai spog nou met nog ‘n permanente Covid-19-inentingspunt by die Lutherse kerksaal in Narraville.
Die punt is Dinsdagoggend amptelik geopen, met plaaslike inwoners wat geleidelik ingestroom het om die entstof te ontvang.
Altesaam 45 mense is op die eerste dag ingeënt.
Nog ‘n inentingspunt word tans by die Welwitschia-hospitaal bedryf.
Pastoor Mark Beukes het die publiek aangemoedig om teen Covid-19 ingeënt te word.
“Ons dwing julle nie, maar ons vra julle dringend om ingeënt te word sodat ons, ons dorp, ons streek en ons land genees en beskerm kan word teen Covid-19. Ons het al te veel lewens verloor. Dit is nou tyd om met God se hulp en genade teen Covid-19 te veg.”
In hierdie stadium is net Sinopharm-entstof by die Lutherse kerksaal beskikbaar. “Sodra ons AstraZeneca ontvang, sal ons die gemeenskap in kennis stel,” het Beukes gesê.
Me. Maureen Alcock (65) was een van die eerste mense wat daar ingeënt is. “Nadat ek my opsies oorgeweeg het, het 'n familielid my aangemoedig om die entstof te ontvang kry ter wille van my gesondheid. Hy het gesê ons moet nie die propaganda in die sosiale media volg nie, maar ons moet gaan, want dit sal help.”
Alcock het gesê sy was huiwerig toe sy hoor dit is 'n “lang naald” wat vir die inspuiting gebruik word. “Maar dit was nie die geval nie. Die proses was vinnig en maklik.”
Sy het ook gesê haar ouderdom is net 'n nommer.
“Word ingeënt, dit is vir jou eie beswil.” Dominee Mercedy Benz is ook ingeënt.
“Ek het met baie mense in aanraking gekom wat positief getoets het, en soms het dit my regtig paniekerig gemaak. Deur die entstof te ontvang, voel ek ten minste of ek iets doen om myself te beskerm. Ek glo wel dat God aan ons wetenskaplikes die nodige kennis gegee het om hierdie entstowwe te formuleer.”
Benz, wat 'n hartoperasie gehad het toe sy jonger was, het gesê sy het haar dokter geraadpleeg oor watter entstof om te neem. Hy het Sinopharm aanbeveel.
“My hartprobleem is die rede hoekom ek besluit het om ingeënt te word.”
Sy het die proses by die inentingspunt as “vinnig en maklik” beskryf. “Ek weet daar is al baie dinge gesê, maar ek hou baie daarvan om statistieke na te gaan. Ja, daar was mense wat siek geword het nadat hulle die entstof ontvang het, maar die verhouding tussen mense wat siek geword het of gesterf het en wat nie die entstof gekry het nie, is duidelik. Weens die pandemie is daar nou soveel gesinne wat op hierdie tydstip met verlies worstel.”
– [email protected]
FOTO’s deur Leandrea Louw
Ds. Mercedy Benz ontvang haar dosis Sinopharm.
Me. Heather Forbes, ‘n verpleegster, verduidelik die proses aan me. Maureen Alcock.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie