Walvisbaai-munisipaliteit vir korrupsie ondersoek
Beweerde korrupte bedrywe by die hawedorp se munisipaliteit word tans ondersoek.
Leandrea Louw op Walvisbaai
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Woensdagmiddag beslag gelê op toerusting wat aan drie hoofpersoneellede en een junior personeellid by die Walvisbaai-munisipaliteit behoort.
Me. Josephine Nghituwamata, die hoofskakelbeampte van die ACC, het bevestig dat hierdie beslaglegging deel is van voortdurende ondersoeke na beweerde korrupte praktyke by die munisipaliteit.
“Die kommissie ondersoek die aantygings van korrupsie in verband met die beweerde gebrek aan deursigtigheid en onverklaarde fondse wat glo by die massabehuisingsprojekte hoort. Ons kan nie op die oomblik die presiese bedrag vasstel wat glo vermis word nie. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”
Die toerusting, wat selfone, skootrekenaars en werkrekenaars insluit, is gekonfiskeer van mnre. Muronga Haigura, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit; Augostino Victor, die hoofbestuurder; Jack Manale, die bestuurder van behuising en eiendom, en me. Connie Summers, die eiendomsklerk by die munisipaliteit.
Nghituwamata het gesê dit is baie moeilik om op dié stadium te sê wanneer die ondersoek afgehandel sal wees. Sy het ’n beroep op die publiek gedoen om vertroue te hê in die ACC se stryd teen korrupsie in Namibië.
“Die publiek moet vertroud wees met die wet wat die bevoegdhede en mandaat van die ACC duidelik uiteensit. Die kommissie onderskei nie tussen individue of entiteite nie, ongeag van hul status in die land. Die publiek moet hul rol speel – nie net in die opsig van beskuldiging nie, maar ook om die oë en ore van die kommissie te wees. Deur ons gesamentlike pogings kan ons korrupsie in hierdie land beveg.”
Hierdie beslaglegging het op dieselfde dag as Internasionale Anti-korrupsiedag geval. Vanjaar se tema was die herstelling van Covid-19 met integriteit en staan #UnitedAgainstCorruption.
VERMISTE MILJOENE
Die voormalige Walvisbaai-kiesafdelingsbeampte, mnr. Knowledge Ipinge, was die eerste om daarop te wys dat ’n vermeende N$24 miljoen ontbreek in die enorme stedelike grondbedieningsprojek.
In September 2020 het hy gesê die munisipaliteit het grond geïdentifiseer om vir die massiewe stedelike grondbedieningsprojek in Kuisebmond (uitbreidings 5, 6, 7 en 10) en Narraville (uitbreidings 7, 8, 9, 10, 13 en 15) geoormerk te word.
“Die munisipaliteit het N$230 miljoen aan kontrakteurs betaal wat huise bou vir diegene wat aansoek gedoen het en met wie die munisipaliteit koopbriewe onderteken het. N$24 miljoen se erwe is in die huiseienaars se name geregistreer, maar hierdie geld het tot dusver nooit die munisipaliteit van Walvisbaai se bankrekeninge bereik nie en gevolglik weerspieël dit nie die geouditeerde finansiële state wat aan die streekraad voorgelê is nie.”
Ipinge het verduidelik die oorhandiging van huise wat by Kuisebmond-uitbreiding 5, 6, 7 en Narraville-uitbreiding 7 gebou is, het op 27 Oktober 2017 plaasgevind.
Destyds het mnr. Muronga Haingura, uitvoerende hoof van Walvisbaai-munisipaliteit, verduidelik dat die munisipaliteit besig is om fondse in hul bankrekening te versoen. Hy het bevestig daar is geld in die munisipaliteit se bankrekening waarvoor nie verantwoording gedoen kan word nie.
Einde Oktober vanjaar het Ipinge dokumente by die ACC ingedien om die beweerde korrupsie te ondersoek, waarna hy ook op 17 November ’n saak by die Kuisebmond-polisiekantoor ingedien het.
Betogers het toe reeds na die munisipaliteit opgeruk en antwoorde geëis op die beweerde vermiste N$24 miljoen.
“Op 3 November 2020 is ’n twyfelagtige rekonsiliasiestaat deur die munisipaliteit se eiendomsbestuurder, mnr. Jack Manale, na my kantoor gestuur om redes wat tot dusver nog vir my onduidelik is, aangesien geen verduideliking of motivering dit vergesel het nie. Dié staat het my met meer vrae as antwoorde gelaat, want ’n hele klomp rooi ligte het afgegaan deur net daardeur te blaai. Dit kan ’n nuwe blik wurms oopmaak vergeleke met die primêre rekonsiliasie soos dit in Augustus 2020 ontvang is,” het Ipinge gesê.
Op 30 November het mnr. Leroy Victor, voorsitter van die bestuurskomitee, ’n dringende mosie ingedien dat die saak van die vermeende vermiste N$24 miljoen dringend aandag moet geniet.
“Die mosie lui dat die raad die munisipaliteit se uitvoerende hoof opdrag moet gee om die dienste van gespesialiseerde ouditeure in te span om ’n forensiese oudit van die ontbrekende of verkeerdelik toegekende fondse te doen.
“Hierdie ouditeure moet op die laatste teen 4 Desember aangestel word en hulle moet tot 15 Desember kans kry om die oudit af te handel. Daarna moet die uitvoerende hoof ’n raadsvergadering reël, nie later as 18 Desember nie, om die bevindinge van die oudit voor te lê. Dié vergadering moet oop vir die publiek en media wees.”
Mnr. Kevin Adams, skakelbestuurder van die munisipaliteit, is tans met verlof en kon nie kommentaar lewer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie