Walvisbaaier wen Sperrgebiet Ope
Walvisbaaier wen Sperrgebiet Ope

Walvisbaaier wen Sperrgebiet Ope

Gholf
Die 43ste bestaansjaar van die Sperrgebiet Amateur Ope gholfkampioenskap is twee naweke gelede by die Oranjemund gholfklub gedenk.

Die eerste Sperrgebiet-toernooi is in 1976 aangebied.

Spelers in die A-, B- en C-afdelings het oor 54 putjies meegeding en die D-afdeling (voorgeë 24 tot 36-plus) is oor 36 putjies beslis. Die toernooi is vir die 22ste opeenvolgende jaar deur Vivo Energy Namibia geborg.

Op die Vrydagoggend was die weersomstandighede allesbehalwe gunstig, met koue en baie sterk wind. Oor die namiddag was dit ietwat beter. Die Saterdag was perfek vir gholf, bewolk en koel in die oggend en heerlik warm met 'n koeler windjie in die namiddag.

Die baan was in uitstekende toestand danksy die voorbereidingswerk van WCC Environmental Services Solutions.

Stanley Gawanab van Walvisbaai het as die algehele wenner met 'n voorsprong van vier houe uit die stryd getree, wat nogal 'n prestasie is met die gedugte Likius Nande en Gabriel Shikodi ook onder die voorste aanspraakmakers.

Die toernooi is goed bygewoon deur spelers van so ver as Walvisbaai, Rössmund (Swakopmund), Windhoek, Karasburg, Springbok en Alexanderbaai.



Die voorste uitslae was soos volg:

Algehele bruto wenner: Stanley Gawanab (Walvisbaai) 229, naaswenner Gabriel Shikodi (Windhoek Buiteklub) 233.

Algehele netto wenner: Desmond Benson (Walvisbaai) 219, naaswenner Juandré Matthys (Alexanderbaai) 224.

A-afdeling beste bruto: Likius Nande (Rössmund) 243, Mario Polster (Walvisbaai) 246.

B-afdeling beste bruto: Helmut Ndjendja (Rössmund) 253, Thomas Shitaleni (Rössmund) 258.

C-afdeling beste bruto: Joseph Uunona (Oranjemund) 278 uittel, Heini Meissenheimer (Alexanderbaai) 278.

A-afdeling beste netto: Pineas Kamati (Oranjemund) 230, André Brandt (Karasburg) 233.

B-afdeling beste netto: Elton Witbooi (Springbok) 230, Leevi Tshoopara (Windhoek Buiteklub) 237.

C-afdeling beste netto: Peet van der Merwe (Oranjemund) 226, Clarence van Wyk (Springbok) 236.

D-afdeling (36 putjies): 1 Johann van Zyl, 2 Ryno Husselman, 3 Wouter Ludeke (al drie van Oranjemund).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!