Walvisbaaiers brou eerste vodka
Sedert 2018 maak die Copper & Coal-distilleerdery 100% Namibiese hardehout.
Tanja Bause - Die passie en droom van 'n egpaar om hul eie unieke besigheid van die grond af op te bou, is in 2017 bewaarheid toe hulle na Namibië teruggekeer en daaraan begin werk het.
Andries en Marizaan van Schalkwyk het in 2017 die Copper & Coal-distilleerdery op Walvisbaai begin. Van vandag af is Arid, die eerste vodka wat plaaslik in Namibië gedistilleer en gemaak word, op winkelrakke langs die kus en Windhoek beskikbaar.
Andries is in Windhoek gebore en getoë, terwyl Marizaan op 'n plaas buite Okahandja grootgeword het. Beide het by Windhoek Hoërskool hul skoolloopbaan afgesluit.
“Ná skool het Andries vier jaar lank vir die nooddienste gewerk. Ek het ook by International SOS as vrywilliger gewerk en dit is waar ons ontmoet het. Ons het ook beide in Bloemfontein in 'n mediese rigting gestudeer en gewerk. Andries het in kliniese navorsing en ek in 'n kardiologie fisiologie rigting begin werk,” vertel Marizaan.
In 2017 het hulle besluit om Johannesburg te verlaat en terug huis toe na Walvisbaai te keer.
“Distillering was nog altyd 'n passie van Andries en iets wat hy in sy vrye tyd gedoen het. Ons het toe besluit om dié passie en droom van 'n eie besigheid in 'n realiteit te omskep en ons het Copper & Coal begin. Dit is 'n ongelooflike voorreg om so 'n unieke besigheid van die grond af op te bou. Dit is iets wat ons saam kon doen en dit het ons ook die geleentheid vir meer familietyd gegee as wat ons voorheen gehad het.”
Die klein distilleerdery vervaardig premium handgemaakte spiritualieë in klein hoeveelhede.
“Met 'n passie vir gehalte en die integriteit van vakmanskap, neem ons die beste bestanddele en omskep dit in die beste spiritualieë. Ons konsentreer op kwaliteit bo kwantiteit.
“Elke deel van die proses word hier by die distilleerdery op Walvisbaai gedoen – van gisting tot die bottelering wat met die hand gedoen word, tot die opplak van die etikette. Al ons produkte word deur Andries self gedistilleer en ons produkte is 100% Namibies.”
JENEWER
Heel eerste het Andries jenewer gemaak, iets waarvan hy baie hou.
“Navorsing is in Andries se bloed. Hy het ure geleer om die kuns van distillering te volmaak. Dit was ook 'n baie duur leerskool, maar sy passie het 'n lewensbestaan geword.
“Hy het wel eerste jenewer gemaak, maar ons droom was nooit net jenewer nie. Ons is opgewonde oor wat die toekoms nog alles vir ons en ons besigheid inhou en ook die vodka is nog nie die einde van die droom nie,” het sy gesê.
In Maart 2018 is Classic 7 (die eerste in die Desolate Gin-reeks) bekend gestel. Classic 7 is oor 'n tydperk ontwikkel en verfyn tot die produk wat dit nou is.
”Al ons resepte is 100% ons eie. Ons ontwikkel, toets en maak hulle almal totdat ons verseker is die gehalte is volgens ons standaard voordat dit vrygestel en verkoop word. Baie van die produkte maak ons en dan begin ons weer van voor en doen dit oor totdat dit perfek is.”
Volgende in die Desolate Gin-reeks was die Devils Claw Oak Rested en Crystal Clear. Beide dié jenewers word van die plaaslike duiwelsklou gemaak.
“In Oktober 2019 het ons ook ons Marula Gin bekend gestel; gemaak van die maroelavrug wat in die noorde van ons land geoes word.”
VODKA
“Ons vodka is 'n konsep wat ons al baie lank aan werk. Ons wou 'n spesifieke smaakprofiel oordra wat lank geneem het om te ontwikkel.
Die hele proses het sowat twee jaar geneem om te ontwikkel, maar 'n mens kry net een keer die kans om die eerste Namibiese vodka op die rakke te kan sit en hy moes perfek wees.”
Arid is 'n enkelgraan Namibiese vodka wat in 'n pasgemaakte kolomdistilleerketel dubbel gedistilleer word. Dit is 'n ware distilleerder-snit wat die gladheid en suiwerheid van hierdie ware Namibiese Arid Vodka na vore bring.
“Ons is baie trots op die produk wat ons (vandag) bekend stel. Dit maak al die tyd, werk en leer die moeite werd.”
Die Van Schalkwyks het sedert 2018 elke jaar twee produkte op die mark uitgebring – 'n tempo wat hulle ook vir die toekoms wil volhou.
“Die vodka wat nou op die rakke is, is maar een van 'n paar produkte wat ons in 2020 wil vrystel. Die hoktyd en die verbod op alkoholverkope wat veral langs die kus so lank geduur het, het ons gedwing om buite die boks te dink en ons het met die Forsaken-reeks begin. Die reeks sluit 'n Copper Craft-klubkaart in wat ook ander plaaslike besighede en distilleerders van Namibië ondersteun. Dit is 'n boks wat nie net met ons produkte gevul is nie, maar ook met ander Namibies vervaardigde produkte.
“In Oktober sal daar byvoorbeeld 'n bottel wyn, wat deur Tsumeb Winery gemaak is, ook in die boks wees. Die Forsaken-reeks is net by Copper & Coal direk beskikbaar.”
Selfs die produkname is deel van die egpaar se droom, deel van om huis toe te kom na Namibië toe.
“Min woorde beskryf Namibië soos Desolate, Arid en Forsaken. Ons produkreeks is gebaseer met Namibië as ons inspirasie,” sê Marizaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie