Walvisbaaise vrou vermoedelik deur haar man vermoor
’n Vermeende saak van moord en gesinsgeweld word ondersoek nadat me. Engela Borruso Strydom (48) Donderdagaand dood met ’n skietwond in die voorkop in haar huis in Meersig, Walvisbaai, aangetref is. Haar man (45) is in hierdie stadium die hoofverdagte en is tans in aanhouding.
Die oorledene en haar man het glo by ’n kroeg in Walvisbaai gekuier, waarna sy eerste huis toe is en hy agtergebly het. Volgens die verdagte het hy sy vrou toe na ‘n paar minute gevolg en met sy aankoms by die huis het hy die oorledene gevind waar sy op die balkon gelê het met ‘n skietwond in haar voorkop. Hy het verder beweer sy vrou het selfdood gepleeg. Die voorlopige ondersoek wat deur die polisie gedoen is, het egter sterk weersprekende bewyse aan die lig gebring.
Daar word vermoed dat die verdagte die oorledene vermoor het deur haar van agter in die kop te skiet.
Die vermeende moordwapen, ‘n 9 mm-vuurwapen is onder die kussing versteek gevind, terwyl die vier leë patroondoppies op die misdaadtoneel gevind is.
Geen vuurwapenlisensie is by die huis gevind nie, alhoewel die verdagte beweer hy besit die vuurwapen wettiglik.
Die motief vir die moord is nog onbekend en die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie