Walvisse vandeesmaand verwelkom
Walvisse vandeesmaand verwelkom

Walvisse vandeesmaand verwelkom

Tanja Bause
Tanja Bause



Vandeesmaand word die koms van die walvisse op Swakopmund met die Walvisfees 2021 gevier.

Die fees begin op Sondag 13 Junie met 'n voorlegging van die aktivis Lloyd Edwards en navorsers van die Namibiese Dolfynprojek (NDP).

Die voorleggings handel oor walvismigrasie en verstrengelings en sal van 16:00 tot 19:00 in Swakopmund se museum aangebied word. Dr. Simon Elwen van die NDP bied tussen 17:00 tot 18:00 'n praatjie oor die walvisse voor die Namibiese kus aan.

Die Wetenskaplike Vereniging op Swakopmund in samewerking met die NDP en Catamaran Charters bied op 26 Junie 'n katamarantoer aan om Wêreld-oseanedag te vier en die walvisse welkom te heet. Elwen sal aan boord 'n voorlegging aanbied.

Die gaste sal die geleentheid kry om meer oor die boggelrugwalvis se herstelproses te leer. Hulle sal meer leer oor die dolfyne en walvisse wat in die Namibiese waters voorkom.

Volgens Edwards bring die boggelrugwalvis verskillende gemeenskappe bymekaar, omdat hulle sulke lang afstande aflê, die langste van enige soogdierspesie.

“Hulle kan ons help om saam aan die talle uitdagings en probleme te werk wat ons oseane tans in die gesig staar. Ek gebruik die boggelrugwalvis-jagbedryf as een van die suksesverhale van bewaring.

“Hulle is tussen 1908 en 1968 amper uitgewis as gevolg van reuse-jagdruk van die walvis­stasies in Durban en Donkergat, maar vandag het hulle toegeneem tot dieselfde getalle as voor die uitbuiting,” het Edwards gesê.

Hierdie gebeure is deel van die jaarlikse “Junie – Ocean maand” by die Swakopmund-museum.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!