Wanderers betaal prysgeld uit

Sportklub
Andrew Poolman
Die sportklub Wanderers het sy Miljoendollar-gelukstrekking vir die 25ste jaar afgehandel, wat vir die 25ste keer 'n stewige hupstoot in talle bankrekeninge meegebring het.

Nadat twee Kia Picanto's tydens die voortrekkings weggegee is, tesame met die gekombineerde totaal van N$1 070 000 in Junie en September 2020, is die opbou na die finale trekking vir die eerste keer ooit uitgestel vanweë die tekort in kaartjieverkope, wat 'n nagevolg van Covid-19 se ekonomiese ontwrigting deur die jaar was.

Die finale trekking is gevolglik tot Mei 2021 uitgestel. Dit was 'n belangrike besluit, omdat Wanderers oor die jare trots daarop was dat hy die beloftes van sy pryse nakom.

Wanderers het die inisiatief geneem om van die kleiner pryse daagliks vir vyf weke weg te gee, wat kaartjiehouers die kans gebied het om meer pryse te wen. Sommige wenners het die kans gebruik om met hul wengeld meer kaartjies te koop en hul kans op die groter pryse in die finale trekking te vergroot.

In die finale trekking was Wanderers in 'n posisie om opnuut al die beloofde pryse te kan uitbetaal. In die finale trekking, asook in die laaste weke vooraf, is altesame N$1,6 miljoen weggegee.

Mnr. Steven Berry, die hoofbestuurder van Wanderers-sportklub, sê: “Hierdie is die oomblikke wat al die voorafgaande harde werk die moeite werd maak ... wanneer jy iemand se nommer trek en hul emosie beleef, of hulle die blye telefoonoproep kan gee dat hulle 'n stewige bedrag geld gewen het.

“Elkeen van vanjaar se groot wenners het hul eie stories wat jou soms hoendervleis gee, om te weet dat Wanderers in staat was om hulle te help. Covid-19 het ons almal hard getref en ons pryswenners het nie gespaar gebly nie. Sommiges het byvoorbeeld hul werk verloor en kaartjies gekoop met die hoop om dalk iets te wen vir hul familie in nood.”

Giovanni Baumann, die miljoendollarwenner vir 2021, sê: “Ek is vir ewig dankbaar aan Wanderers om geluk van so 'n aard te kan beleef. Aan die mededeelnemers wat dié keer nie so gelukkig was nie: Aanhouer wen! Bly hoopvol, want ek was!”

Wanderers Sportklub is besig om die formaat van sy gelukstrekking te moderniseer. Vanweë minder beskikbare tyd om kaartjies te verkoop, sal daar wysigings aan die kaartjiepryse en die prysgeld wees, maar as die nuwe konsep werk, sal die klub die idee gebruik om selfs hoër te mik in die toekoms en in komende jare nog meer miljoenêrs te maak.

Die grootste pryse en wenners:

N$10 000 elk: Kevin Rowntree (kaartjie 1310); Jonty (2274).

N$50 000 elk: MJN (823); Wilfried Haehner (2772).

N$100 000 elk: IC Olivier (1488); Freddie Coffee (1793).

N$1 000 000: Bugatti (2104).

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!