Wanderers het nog nie oorgegee
Klubrugby
Andrew Poolman – Ondanks die nuusverklaring wat die Namibië Rugby-unie Saterdag uitgereik het, beskou FNB Wanderers-rugbyklub die tugsaak teen hom nog nie as afgehandel nie en sal voor die spertyd vanoggend ’n appèl indien.
Wanderers-rugby se voorsitter, mnr. Willem van Zyl, het gister ná afloop van dié klubbestuur se vergadering om ’n besluit oor hul reaksie te neem, laat weet dat die Wit Hingste wel die opsie van ’n appél sal uitoefen – waarvan die spertyd vanoggend om 10:21 aanbreek.
Die NRU het Saterdag die nuusvrystelling uitgestuur wat verklaar dat sy onafhanklike dissiplinêre komitee Wanderers skuldig bevind het op beide klagte – naamlik dat hy op 16 Oktober in beide sy eerste en tweede spanne spelers gebruik het wat nie regmatig geregistreer was nie.
Die NRU sê op grond hiervan is Wanderers se oorwinnings in beide hierdie semifinale (NRU premierliga en NRU reserweliga) verbeurd verklaar en is die uitslae aan FNB Western Suburbs toegeken.
Die beheerliggaam het ook verklaar dat beide hierdie eindstryde komende Saterdag in die Hage Geingob-stadion gespeel sal word. Die tugverhoor se uitslag bring dus mee dat FNB Unam in die premierliga teen Suburbs opgeweeg sal word, terwyl Suburbs se tweedes na die reserweligafinaal teen FNB Kudus II deurdring.
Van Zyl, wat hom soos al die ander partye in sedert die uitbreek van die dispuut weerhou het om enige uitsprake in die media of kommentaar oor die saak te lewer, het gister gesê hy is verbaas dat die NRU reeds bevestig het dat die finaal komende naweek sal plaasvind, voordat die dissiplinêre saak se prosedure nog ten volle afgehandel is.
“Ons het Vrydag reeds aan die NRU aangedui dat ons ’n appèl oorweeg. As ’n bestuur het ons besluit dat ons dit aan ons spelers verskuldig is om hierdie saak tot die bitter einde te beveg.”
Die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, het vantevore verduidelik dat die appélkomitee volgens die grondwet uit die NRU-raad saamgestel word.
FOTO
Mnr. Willem van Zyl, voorsitter van FNB Wanderers-rugbyklub.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie