Wanderers oorleef, skuif tweede ná Unam
Met 'n drieë- én 'n verloorbonuspunt het Grootfontein tot derde opgeskuif.
Andrew Poolman – Die eerste rugbyspan van FNB Universiteit van Namibië het ongestoord voortgerol na sy vierde oorwinning in hierdie seisoen se premierliga van die Namibië Rugby-unie (NRU) en bly die enigste onoorwonne span sover.
Met 20 ligapunte ná vier wedstryde het Unam ook reeds 'n punteverskil van 171 teen 65 opgestapel, ondanks die feit dat FNB Rehoboth Rugbyklub hom Saterdag vir die laaste halfuur daarvan weerhou het om 'n sewende drie te druk wat vir die wenspan 'n tweede bonuspunt sou laat byvoeg het.
Rehoboth se afrigter, Johann Wohler, was agterna beïndruk met die karakter wat sy span gedurende hierdie periode gewys het, deur die enigste drie te druk terwyl Unam reeds met 38-15 voorgeloop het. Die studentespan het met 38-20 gewen, met 'n volledige wedstrydverslag hieroor wat binne in Sport Wrap verskyn.
Wohler het erken dat sy span bitter graag minstens een ligapunt uit die wedstryd wou byvoeg (hulle het uiteindelik drie drieë teen ses gedruk), wat vir hulle baie waardevol in die wedloop vir 'n plek in die topvier vir die uitklopfase sou wees.
GROOTFONTEIN BLY HARDNEKKIG
FNB Western Suburbs was voor die naweek in die tweede posisie, maar het teruggesak tot vierde nadat sy geskeduleerde wedstryd uitgestel moes word vanweë positiewe Covid-19-gevalle by Trustco United.
FNB Wanderers het die bitter moeilike wegwedstryd teen FNB Grootfontein met 29-26 deurgehaak – met beide spanne (16 en 14) wat by Suburbs (12) verbygeskuif het.
Wanderers het vyf drieë gedruk teen Grootfontein se vier drieë, maar die uitslag was tot in die laaste oomblikke nog in die weegskaal en kon ewe maklik anders geëindig het.
Grootfontein se slot Meraere Kaapama het met groot krag die laaste paar treë oor die doellyn gebeur nadat hy van 'n lynstaandryf weggeskil het.
Die tuisspan se aanskoulikste drie was waarskynlik deur die linkervleuel Ian Malan. Van die tweede fase ná 'n skrum in die middel van die veld het Grootfontein na die steelkant beweeg, waar slot Johan Luttig en losskakel Siegfried Potgieter flink hanteer het om buitesenter Louis Grobbelaar weg te stuur, wat sy binne-aangee weggekry het om Malan pale toe te stuur.
Skrumskakel Christopher Deck het ook 'n drie gedruk, terwyl Grootfontein sterk, maar tevergeefs geëindig het deur 'n strafdrie af te dwing.
“Die wedstryd was maar baie gelykop en is grootliks tussen twee swaar pakke beslis. Ons het hulle voor opgedreun, maar agterlangs het Wanderers baie spoed,” sê Grootfontein se kaptein, Wikus Jacobs.
In die wipplankwedstryd het die tuisspan in verskillende stadiums voorspronge van 7-5, 12-10, 19-10 en 19-17 gehou, voordat Wanderers in die laaste minute sy voorsprong net-net buite bereik gestoot het. Nogtans het Grootfontein in die doodsnikke weer met sy voorspelers op Wanderers se doellyn geëindig en so byna die wenpunte bewerkstellig.
Wanderers se heelagter en kaptein Jamie Joseph was een van sy helde, met sy spoed wat deurslaggewend was met 'n onderskepdrie. Die Wit Hingste se ander driedrukkers was linkervleuel Warren Ludwig (2), senter Louis Meyer en agtsteman Riaan de Klerk. Skrumskakel Jacques Theron het met 'n enkele doelskop geslaag.
Die Wit Hingste moes ook geel kaarte vir Meyer en die reserwevoorspeler DG Wiese te bowe kom.
KUDUS PROE EERSTE WEN
In die stryd tussen twee wenlose spanne het FNB Kudus op Walvisbaai die knoop deurgehaak met 27-21 teen FNB Reho Falcon.
Ronaldo Pedro, afrigter van Reho Falcon, sê: “Ons lewer baie goeie individuele spel, maar ons sal nog beter as span moet saamspeel. Ons verdediging een op een benodig ook aandag. Ons sal ook ons geleenthede moet gebruik. 'n Paar beslissing het op sekere tye teen ons gegaan wanneer ons op die aanval was en die strafskoptelling was redelik hoog teen ons, wat veroorsaak het dat ons nie werklik momentum en kontinuïteit kon opbou nie.
“Daar is nogtans baie vordering van waar was tot waar ons nou is.”
Sy eweknie van Kudus, Henry Kemp, sê Reho Falcon het dinge aanvanklik moeilik gemaak.
“Ons het gesukkel om ons ritme te vind en ons werk nog aan die spankultuur wat ons wil vestig. In die tweede helfte het ons egter 'n paar mooi drieë gaan druk.
“Ons skrumskakel Percy Nash en senter Justin Newman was manne wat 'n verskil gemaak het. Dieselfde met Aurelio Plato; hy is opgestuur in 'n stadium toe ons 'n stelskopper nodig gehad het en hy het 'n goeie doelskop van die kantlyn af deurgestuur.”
Kudus se ondernemende heelagter Lloyd Jacobs het twee drieë gedruk; die slot en kaptein Grant Nash en linkervleuel Vernon McKay elkeen een. Rayton Paulse en sy plaasvervanger Plato het elk met twee doelskoppe geslaag en Plato ook met 'n laat strafdoel.
Die Falcon-drieë is gedruk deur Franklin Bush (heelagter) en Ronald Renton (stut). Die gewese SWD-losskakel Leegan Moos het een verdoel en drie strafskoppe bygevoeg.
– [email protected]
FOTO
FNB Rehoboth se stut en kaptein Kevin Cloete kry aangee weg om die agtsteman Cameron McNab op ’n lopie teen sy gewese spanmaats FNB Unam weg te stuur. Foto Andrew Poolman
FNB Kudus het op Walvisbaai ’n naalskraapse sege teen FNB Reho Falcon behaal. Foto Leandrea Louw

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie