Wanderers slaan seldsame slag teen Unam
Soos verwag het die naweek se wedstryde 'n kompeterende geskarrel vir elke moontlike ligapunt opgelewer.
Andrew Poolman – Die uiters seldsame laaste keer (voor Saterdag) dat FNB Universiteit van Namibië se eerste rugbyspan 'n tuiswedstryd in die NRU premierliga verloor het, was Barack Obama nog die Amerikaanse president.
Dit was op 11 April 2016 teen 'n opgesweepte Trustco United, wat in die laaste sekondes met 26-24 die knoop deurgehaak het.
Afrigter Rohan Kitshoff se FNB Wanderers-span was egter Saterdag hoogs geïnspireerd en het met 27-25 gewen om die studente hul eerste nederlaag hierdie seisoen toe te dien.
In 'n aanskoulike kragmeting was die intensiteit van beide klubs op 'n goeie vlak wanneer in ag geneem word dat Covid-19 se derde golf vir vier maande 'n opskorting van alle kontaksport afgedwing het.
Die Wit Hingste het hierdie keer egter die voordeel van sy groter getal ervare spelers laat geld, wat deels vanweë die vorige Unam-kaptein Prince !Gaoseb en Max Katjijeko se vertrek na oorsese klubs, asook die beserings van Chad Plato en Desiderius Sethie ontstaan het.
Wanderers het ná agt minute die eerste hou geslaan toe sy linkervleuel JC Greyling, in sy eerste wedstryd sedert die 2019 Wêreldbeker, sonder enige ruimte teen die kantlyn 'n tipies briljante stukkie afronding gelewer het om sy drie met een hand in die hoekie te druk, ondanks die duikslag van sy opponent Shareave Titus.
Losskakel Ethan Beukes se skop was mis, voor sy Unam-eweknie Delron Brandt met 'n strafskop geantwoord het.
Skrumskakel Jacques Theron het 'n strafskop voor die pale gemis, maar ná 15 minute het heelagter Warren Ludwig van die halflyn af begin hardloop en vir Greyling aan sy linkerkant gevind, wat met 'n binneaangee die senter Bernie Hugo pale toe gestuur het vir Theron se doelskop (12-3).
Wanderers het ná 22 minute opnuut toegeslaan met 'n maaldryfdrie deur sy haker-aanwins, Obert Nortje, wat ná sy terugkeer van die Seattle Seawolves in die VSA 'n uitmuntende werktempo teen sy voormalige span gelewer het.
Van die afskop is Unam se flank Berry Gande met 'n geelkaart gestraf toe hy die ontvanger op gevaarlike wyse in die lug belemmer het. 'n Ruk later was Wanderers se senter Rico Lategan oor vir 'n “drie” onder die pale wat egter nie toegeken is nie.
Net voor die naderende rustyd het Unam egter met twee blitsige verdoelde drieë die agterstand van 3-17 uitgewis om gelykop te wees. Eers het Oderich Mouton 'n lynskop binne spel gehou sodat Cameron Langenhoven vir Lorenzo Louis op 'n lopie kon stuur, voordat Alcino Izaacs homself netjies van 'n duikvatter weggestamp het om onder die pale te druk.
Van die afskop af het Delron Brandt vir buitesenter Darryl Wellmann deur 'n gaping gestuur en van die volgende fase het Brandt seepglad verby die stut voor hom geglip vir sy bollemakiesie-drie langs die pale en maklike tweede doelskop.
In die tweede helfte het Unam 'n periode van druk volgehou voordat Brandt met 'n strafskop sy span se eerste en enigste voorsprong besorg het.
Wanderers se antwoord was 'n aanvallende lynstaan wat tot 'n strafskop gelei het, wat met 'n tikskoppie na Nortje beweeg het voordat Ludwig saam met die verdedigers vir 'n drie oorgeval het. Theron kon weer nie met sy skop slaag nie, maar Wanderers was met 22-20 voor en Brandt het kort daarna ook met 'n haalbare, reguit strafskop misluk.
Die volgehoue druk op Unam het vrugte afgewerp toe skrumskakel Sunday Haitembu 'n duur glips op sy eie doellyn begaan het. Onder die indruk dat 'n spanmaat agter hom is om die bal te kan uitskop, het Haitembu die bal tussen sy bene deur tot in die doelgebied uitgeskiet, waar Theron in niemandsland eerste op die bal geduik het vir 'n onverdoelde drie.
Onder afrigterskap van Johan Diergaardt sal Unam egter nooit gaan lê nie en die span het teruggeveg totdat die reserweslot Enzio Kotzee van 'n lynstaandryf gaan druk het. Lorenzo Louis se potensiële gelykmakende skop, asook 'n laat, skuins strafskop teen die briesie in van die tienmeterlyn af, het egter misluk en die studente net-net te kort laat skiet.
Ondanks die naby punteverskil, het Kitshoff van sy reserwebank af sy ander prominente aanwinste, die flank Thomasau Forbes en senter Darryl de la Harpe, net vir enkele minute ingespan. Afgesien van die swak stelskopwerk was dit 'n goeie dag vir Wanderers, met die slot Denzil van Wyk een van vele uitblinkers wat gereeld met Unam se balbesit in die lug én op die grond ingemeng het.
SUBURBS NADER AAN UNAM
FNB Western Suburbs moes hard werk om die hardnekkige FNB Reho Falcon met 35-32 onder te kry, wat met vyf drieë teen vier beide 'n bonuspunt verseker het.
“Falcon het 'n baie goed gebalanseerde span en as hulle nie so laat in die seisoen begin kliek het nie, kon hulle veel hoër (as sewende) op die puntelys gewees het,” sê Suburbs se afrigter, Jacky Bock.
“Falcon het rêrig opgedaag en die wedstryd kon enige kant toe geval het, met al die goeie kanse wat hulle geskep het. Ons het ook bietjie ritme verloor met die jong manne vir wie ons kans gegee het, maar hulle het nietemin karakter gewys om die wa deur die drif te kry.”
Suburbs, wat rustyd met 21-11 voorgeloop het en ook die eerste drie daarna gedruk het, se vyf drieë is deur stut Andrew Shikoneni, flank Richard Mupewa, vleuels Gino Wilson (kaptein) en Morgan Esterhuizen en heelagter Bronwyn Willemse gedruk. Losskakel Justin Nel het met elk van sy vyf doelskoppe geslaag.
REHOBOTH BOONTOE
FNB Grootfontein sal komende naweek sy laaste tuiswedstryd teen FNB Kudus op sy beste moet wees as hy die plek in die topvier wil terugwen voor die naderende semifinaal van 16 Oktober.
Die Grootfonteiners wat voor die middelseisoense onderbreking nog tweede was, het hulle Saterdag met 14-31 vasgeloop nadat hulle die lang reis suid moes aanpak om FNB Rehoboth die stryd te gaan aansê.
Vir Rehoboth was die slot Conwill Draghoender, skrumskakel Gurtley Beukes, senter Henrique Olivier, heelagter Jeandre Loubser en plaasvervanger-agterspeler Keathan Freygang sy driedrukkers. Van Olivier se skopvoet het ook drie doelskoppe en 'n strafdoel gekom.
Grootfontein kon net met drieë deur skrumskakel Willem Enslin en haker Frikkie Engelbrecht antwoord, wat beide deur heelagter Siegfried Potgieter verdoel is – nie genoeg om enige ligapunt by te voeg nie.
TROOSPRYS VIR KUDUS
Op Walvisbaai het FNB Kudus met 28-15 teen die heel onderste span Trustco United gewen
Kudus se agtsteman Joshua Jacobs het twee drieë gedruk en die flank Ernesto Bampton en binnesenter Percy Nash elkeen een, terwyl Aurelio Plato (vleuel) al vier verdoel het.
Jacobs en die reserwevoorryman Anthony Hoebeb het beide ook met geel kaarte in die koelkas gesit.
United se enigste driedrukker was senter Denzo Bruwer. Heelagter Nazume Swartz en sy plaasvervanger Moses Sakeus het elk 'n strafdoel bygevoeg. Sakeus en losskakel Hanreco van Zyl het ook geel kaarte gekry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie