Wanderers weer tops

WHS Old Boys het die loot gewen, maar besluit om eerste by Trustco United te gaan kolf en kon net 199 in 47.4 boulbeurte as uitdaging op die telbord plaas.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Wanderers se eerste krieketspan het Saterdag sy oorheersing in die eindstryd van Krieket Namibië se Premierliga oor 50 boulbeurte voortgesit toe hy die finaal teen WHS Old Boys met sewe paaltjies beklink het. Die wenteiken van 200 lopies is binne 44.2 beurte behaal.

Old Boys, wat net-net boaan die puntelys geëindig het nadat hulle en Wanderers beide sewe uit agt wedstryde gewen het, se besluit om op 'n moeilike United-kolfblad eerste te gaan kolf, het hom moontlik lelik in die steek gelaat.

Sy openingspaar, kaptein JP Kotze (43 lopies) en Wimpie Viljoen (62), het 'n stewige fondasie gelê, maar met dié twee uit kon net Gerhard Erasmus (29), Craig Williams (29) en Malan Kruger (20) hul man staan.

Toe Old Boys op 133/3 in die 38ste boulbeurt teen net 3.7 lopies per beurt gekolf het, was die gevaarlike Craig Williams nog voor die penne. Maar ná sy vertrek was Old Boys op 148/4 kniediep in die moeilikheid. 'n Verdere stok in Old Boys se wiele was die afwesigheid van die naatbouler Christiaan Schumacher wat eksamen geskryf het en hulle met een kolwer kort gelaat het. Hy het hom wel later by sy span aangesluit om sy boulwerk waar te neem.

In 'n verrassende stap het Jan-Izak de Villiers, naatbouler van Wanderers, vir sy span saam met Wessel Myburg die beurt geopen. De Villiers teken 'n goeie 21 lopies aan voor hy deur Eben van Wyk uitgevang word.

Hoewel daar nie 'n speler van die wedstryd-toekenning was nie, sou die eer met gemak aan Myburgh toegeken kon word. Myburgh het geduldig aan sy 78 lopies van 121 balle gewerk om onoorwonne saam met die linkerarm naatbouler wat regs kolf, JJ Smit, die wenlopies te slaan.

Smit het ná Jan Frylinck se vertrek op 35 sy toetrede gemaak en dit wou lyk of Wanderers op 112/3 gaan sukkel om 200 te haal. Freylinck se 35 kom van 40 balle wat 'n broodnodige inspuiting vir Wanderers se lopietempo was. Smit wat ewe geduldig saam met Myburgh voor die penne gekuier het, het later ongeduldig begin word en vier sesse oor die grenstou gestuur om sy 50-tal van 61 aflewerings te behaal.

Mnre. Marius Louw en Jeff Luck was die skeidsregters wat in die eindstryd gestaan het.

Old Boys se kolfwerk: JP Kotze (43 lopies, 60 balle, 4x4, geboul Karl Birkenstock, vang Pieter Rossouw), Wimpie Viljoen (62 van 123 b, 3x4, 2x6, gevang J. de Villiers, geboul Bernard Scholtz), Gerhard Erasmus (29 van 36 b, 3x4, geboul Gerrie Snyman, gevang J. Frylinck), Zane Green (1 van 3 b, uitgehardloop Colin Peake), Craig Williams (29 van 31 b, 2x4, 1x6, gevang De Villiers, geboul Birkenstock), Divan la Cock (0, gestonk van Bernard Scholtz se boulwerk), Malan Kruger (20 nie uit nie van 17 b, 1x4, 1x6), Zhivago Groenewald (1, gevang Nicolaas Scholtz, geboul Smit), Vernon Cloete (0, gevang W. Myburgh, geboul Smit), Tangeni Lungameni (1, gevang Myburgh, geboul Frylinck), C. Schumacher (nie gekolf nie).

Wanderers se boulsyfers: JJ Smit 2/38 in 9 bb, K. Birkenstock 2/33 in 5 bb, B. Scholtz 2/27 in 10 bb, J. Frylinck 1/15 in 5.4 bb.

Die Wanderers kolfbeurt: Jan-Izak de Villiers (21 van 29 b, 2x4, gevang E. van Wyk, geboul Z. Groenewald), Wessel Myburgh (78* van 121 b, 4x4, 2x6), Gerrie Snyman (5 van 15 b, 1x4, gevang paaltjiewagter, geboul C. Williams), Jan Frylinck (35 van 40 b, 2x2, 2x4, gevang Divan la Cock, geboul Schumacher), JJ Smit (50* van 61 b, 2x4, 4x6). Karl Birkenstock, Nicolaas Scholtz, Bernard Scholtz, Pieter Rossouw, Colin Peake en Andrew Forrest het nie gekolf nie.

Old Boys se boulsyfers: C. Williams 1/39 in 10 bb, Z. Groenewald 1/24 in 10 bb, C. Schumacher 1/31 in 5 bb.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!