Wanneer gaan genoeg eers genoeg wees?
WILLEM DE WET SKRYF:
Nee mense, ek raak by die dag al meer bedruk en bedroef oor die absolute onkunde, wanorde en wanbestuur.
Ons land en sy mense bloei. Besighede maak toe en mense word afgedank, sommer honderde op n' slag by een besigheid, maar ons leiers dink dit is die regte ding om die werk wat wel beskikbaar is vir die Chinese te gee?
By 'n staatskool waar belastinggeld gebruik word om die opknapping te doen en baie van die ouers wat die belasting betaal sonder werk sit, moet die ouers nou toekyk hoe die Chinese al die pad bank toe lag. Kan dit reg wees?
Daardie ouers wat nou werkloos is a.g.v. swak besluitneming en korrupsie op die hoogste vlak, moes seker darem in lyn gewees het om kans te kry om self te kon baat by die tender en om voorrang te kry bo buitelanders om in hierdie ekonomomie deur ons regering ondersteun te word in die stryd om oorlewing.
Maar nee, die Chinese leen vir ons regering geld en maak in die proses alle staatskontrakte vas. Hulle maak geld uit ons kontrakte en ons betaal die lenings terug. Houe op gevoelige plekke, maar ons drink, eet en smile saam met die paar uitverkore hooggeplaastes wie se sakke bult van meubels en ander klein aalmoesies van Chinese afkoms.
In dieselfde asem lees ons van Chinese burgers wat toegesluit is oor valuta-oortredings en ons duur belastinggeld wat die land uitgevat is. Maak dit sin of maak dit nie saak nie?
Privaatskole skiet op soos sampioene en wie kan jy daarvoor blameer? Gaan kyk net in watter toestand die meeste staatskole se infrastruktuur is en dan besluit jy of jy bereid is om jou kind daar in te skryf en met 'n 35% kennis die wêreld in te stuur.
Ek haal my hoed af vir skole, leerkragte en leerlinge wat desondanks steeds toppresteerders oplewer en trots die toekoms instap.
Ongelukkig dwing koste die meeste ouers om maar oë toe te knyp en te aanvaar wat opgedis word. En dan word van ons veroordeel en gepenaliseer omdat ons ons kinders by 'n privaatskool inskryf.
Ons haal die las van die regering af en maak klaskamers oop sodat meer kinders toegelaat kan word, maar dan kry jou skool geen hulp uit die belasting wat jy bydra nie.
Hierdie misbruik van Namibiërs se lojaliteit teenoor ons land en sy mense gaan nog die regering byt. Hoekom sal lojale landsburgers aanhou eerlik wees en met 'n glimlag belasting betaal as hulle so afgeknou word deur 'n onbevoegde leierskap. Dit gaan mense dwing om innoverend te begin dink oor belasting en ander verpligte bydraes - en oor tyd sal die koffers al leër en leër word.
Skool is skool; maak nie saak of dit tuisonderrig, staatskool, privaatskool of buitelandse skool is nie. Die land se kinders word toegerus om die land met kennis en bevoegdheid op te bou. Dit mag nie 'n politieke spel van magsmisbruik word om politieke punte te probeer wen nie.
Enige onderwys verdien regverdige en gelyke staatsondersteuning. Dit gaan oor die Namibiese kind en nie oor grootmense se kinderagtige armdrukkery vir eie gewin nie.
As grootmense die jeug begin benadeel om eie standpunt en posisie te probeer vestig dan is ons ver in die drein van politieke magspel af en sal nog lang trane op die ashope van mislukking sit en huil.
Ek bid die jeug 'n toekoms toe en ek bid dat gesonde oordeel êrens tussen die grootmense sal posvat en groei om ons land en sy mense die toekoms in te lei en groot te maak tot voordeel van alle burgers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie