Wanneer is ’n vrou mooi?
Maria Eiseb - Ek wil weet: Wanneer is ’n vrou mooi?
Soms vind jy dié wat die mense sê mooi is van ver af, maar ver is van mooi af, en dit laat my steeds wonder: Is skoonheid iets wat van buite af kom of is dit in die hart? Moet ’n vrou beeldskoon wees om mooi te wees, of moet sy ‘n goeie hart hê? Of moet sy breins hê, of dalk baie geld? Kan ‘n arm vrou ook mooi wees?
Moet ’n vrou ’n broek dra, of kan haar mooiheid ook uit ‘n rok uitstraal?
Moet sy make-up dra, of kan sy net natuurlik wees om mooi te wees? Is ’n kort rokkie mooi, of eerder die bedekking van ’n lang rok?
Moet ’n vrou gladde hare hê of kan die mense skoonheid ook in haar kroeskorrels sien?
Wat van ’n vrou wat die meeste van die tyd onder die “waters” is, en die kinders en die mense rondom haar weet hoe mooi haar hart is?
Is mooiheid iets wat aanskou moet word of moet dit aangevoel word? Is mooiheid en skoonheid dieselfde? Moet ’n vrou skoon wees om mooi te wees? Ek is heel verward!
Ek kan my voorstel ’n vrou wat niks het nie, kan steeds haar hart gee. By só ’n vrou se huis voel jy “iets”. Jy ervaar warmte wat jy by min vroue se huise ervaar.
Ek wil weet, van die mooiheid uit die hart en die mooiheid wat mens kan aanskou, watter een is die nodigste vir die reis op die lewensee?
’n Vrou met ’n mooi gesig én ’n mooi hart is ’n bonus.
Ek dink skoonheid kom van binne - egtheid. Mens kan sommer sien as iemand nie eg is nie.
Moet ’n vrou ’n gladde gesigvel sonder sproetjies, puisies, swartkoppies en vlekke hê? Of sonder rekmerke - veral nadat sy geboorte aan haar lieflingkroos geskenk het? Is dit verpligtend om geen merk op jou liggaam te hê nie - nie ’n rekmerkie of ’n spataartjie wat die lewe agtergelaat het nie?
Hoeveel moet jy weeg om mooi te wees, moet jy lank en slank wees, of kort en rond? Moet jy mooi bene met gevormde kuite hê, of kan jy ook met jou dun beentjies mooi wees? Kan jy ’n magie hê en steeds onder die mooies tel, of moet jou maag plat wees om te kwalifiseer?
Kan kurwes ook mooi wees, of is ’n modelliggaampie of sportiewe een mooier?
’n Ekskollega het altyd gesê ’n vrou is mooi solank sy net skoon aantrek - maak nie saak of sy dieselfde klere elke dag was en aantrek nie.
Ek dink elke vrou se skoonheid is uniek en niemand sal dit raaksien tensy hulle nie ’n pad met daardie vrou gestap het nie.
Daar is baie wat in ’n vrou se lewe gebeur, maar alles kan in skoonheid omskep word.
Maak nie saak wat sy die nag tevore deurgemaak het nie, in die oggend sal geen spore van die vorige aand op haar gesig wys nie.
Al wat jy sal sien, is ’n glimlag en die wil om voort te gaan - ten spyte van dit wat die lewe vir haar gooi.
Ek dink ’n vrou se uniekheid maak haar mooi.
Al is jy vet of maer, kort of lank, wit of swart, geleerd of nie - elke vrou is uniek en dit is hoe slim die Here se plan is. Elkeen is met trots uniek gemaak. ’n Vrou kan beeldskoon van buite wees, maar mooi wanneer dit uit haar hart uitstraal.
’n Beeldskone en pragtige vrou is iets vir die oog, maar ’n mooi vrou is iets vir die hart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie