Wantroue tussen produsente, verwerkers skaad bedryf
Die fokus in Namibië moet verskuif word van boerdery as ’n kultuur, na boerdery as ’n besigheid.
Ronelle Rademeyer - Die winsgewendheid van produsente is kritiek belangrik om die vleisbedryf in Namibië te laat groei en gedy.
Daarom is dit belangrik om te bepaal wat die faktore is wat produsente en die ander deelnemers aan die waardeketting se winste sal verhoog.
Die huidige situasie waar daar groot wantroue tussen die produsente en die verwerkers bestaan, is baie skadelik vir die bedryf en moet verander word.
Só het mnr. Junius Vetumbuavi Mungunda, hoof uitvoerende beampte van Standard Bank Namibië en ’n deeltydse boer, tydens die Agrivooruitskouingskonferensie in Windhoek gesê.
Dié een dag lange konferensie word al om die tweede jaar deur die Namibië Landbou-unie (NLU) aangebied en val saam met dié unie en die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongresse vroeg in Oktober.
Mungunda sê dit is belangrik dat die fokus in Namibië verskuif word van boerdery as ’n kultuur, na boerdery as ’n besigheid.
“Ons moet maniere ontwikkel waarop ons die omstandighede en geleenthede in landelike gebiede en op plase verbeter sodat jongmense nie na stedelike toe trek agter beter geleenthede aan nie,” het hy gesê.
Vir boere om mededigend te wees en winsgewend te produseer, is water en weiveld nodig, asook goeie vaardighede. “Ons probleem tans is dat ons ’n oorvloed landbougrond het, maar nie genoeg kundige mense het om die hulpbronne reg te benut en optimaal te produseer nie,” meen Mungunda.
“Voor hierdie probleem nie getakel is nie, sal primêre produksie nie genoegsaam verhoog nie.”
Hy het in sy voorlesing onder luide toejuiging gesê waardetoevoeging soos dit tans in die waardeketting toegepas word, is nie ware waardetoevoeging en daarom het dit tot die ineenstorting van die skaapbedryf gelei.
Volgens Mungundu gaan moet die fokus nie wees op die hervorming van die primêre produk nie, maar op die hoeveelheid ekonomiese waarde wat tot die produk gevoeg word.
Verder moet almal in die waardeketting uit hierdie ekonomiese verbetering van die produk voordeel trek en nie. As dit nie gebeur nie, kan produsente nie winsgewend produseer nie en knak ’n bedryf, sê hy.
Meatco se pryse het nie met inflasie tred gehou nie en daarom is die speenkalfmark met sy veel beter pryse vir produsente baie aanlokliker. “Ons moet bepaal waarom Meatco se pryse nie mededigend is nie en dit regstel.
“Ons moet die beste moontlike beleid vind om dit mee te beveg. Sonder koördinering en innovering dwarsdeur die waardeketting en ’n toename in primêre produksie, sal ons dit nie regkry nie,” het hy gemaan.
Mungunda meen ook toegang tot markte moet verbeter. Vir sleutelprodukte moet bepaal word wie die teikenmarkte binne die streek en internasionaal is, en bilaterale ooreenkomste moet gesluit word.
Namibië moet ook kyk hoe hy samewerking in die streek kan verbeter sodat met buurlande kan saamspan om infrastruktuur te deel en gesamentlike vervoernetwerke te ontgin en benut.
Laastens meen hy dit is belangrik dat uitvoerprodukte vir die internasionale markte ’n sterk Namibiese identiteit en handelmerk moet hê om dit te kan onderskei van ander beesvleis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie