WAP begin spekboom-uitdaging
Onderwysers by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het besluit om spekbome by die skool te plant om in die omgewing terug te ploeg.
Die skool vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar.
Die spekboom is waterwys en verg baie min onderhoud. Die skool daag ander skole en besighede uit om ook spekbome te plant en saam groener te wees.
Intussen het Suid-Afrikaners ook met ’n spekboom-uitdaging begin, waar mense spekbome plant en hul vriende uitdaag om dieselfde te doen.
Dié eetbare plant is inheems aan die Kaap en bekend daarvoor dat dit besonder droogtebestand is, groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug absorbeer en gronderosie help voorkom.
Kenners meen hektaar vir hektaar sal die spekboom 10 keer doeltreffender as die Amasone-reënwoud wees om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder en klimaatsverandering te bestry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie