WAP implementeer maatreëls na styging in Covid-gevalle

Skool en koshuis bly gesluit
Mariselle Stofberg
Windhoek Afrikaanse Privaatskool het na ’n vergadering met die skool se beheerraad die volgende inligting n.a.v. die stygende Covid-positiewe gevalle onder kinders en onderwysers deurgegee:

-Die koshuis sal gesluit bly en weer op 14 Junie open.
-Treintjieskool, die laerskool en die hoërskool sal gesluit wees vir die week en weer op 14 Junie open. Geen aanlyn lesse sal in hierdie week vir die kleuters gelaai word nie, maar die laerskool en hoërskool se aanlynlesse sal voortgaan.
-’n Assesseringsrooster sal opgestel word waar grade 4 – 7 een dag in die week sal inkom om dringende assessering te doen en ook om leermateriaal af te haal.
-Graad 8 tot 12-leerlinge sal Dinsdag tot Donderdag in die namiddae by die skool ‘n assessering kom doen.
-Die laerskool en hoërskool sal die eerste Vrydag van elke maand om 12:00 en Treintjieskool om 13:00 sluit om genoeg tyd te gee om die skoolgeriewe te ontsmet om weer die volgende Maandag soos normaal voort te gaan.
-’n Leerling wat in kontak was met ’n Covid-positiewe persoon, moet sewe dae isoleer en mag nie skool toe kom gedurende daardie tyd nie. Sou iemand in die huishouding enige simptome toon, moet die leerlinge by die huis gehou word tot ’n negatiewe toets bevestig niemand in die huis het dit nie. Die skool moet in beide gevalle onmiddellik per e-pos in kennis gestel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!