WAP laat die woorde by ATKV-redenaars vloei
Op 16 Julie is die amptelike nasionale semifinale redenaarskompetisie by Hoërskool Walvisbaai aangebied en Affies het gepraat dat die spoeg spat.
Deelnemers het gewissel van graad 4 tot 7 in die juniorafdeling en in die seniorafdeling was almal van graad 8 tot 12.
Die kompetisie het 'n afdeling vir voorbereide sprekers waar die kinders lank voor die tyd kans kry om hul toesprake te leer en te skryf, en dan is daar die onvoorbereide afdeling waar leerlinge 'n beperkte tyd kry om hul toesprake te skryf en te leer en die gehoor dan van hul standpunt te oortuig.
Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) was trots om vyf leerlinge te hê wat onder die topdrie van die verskillende kategorieë was. Milne Becker, 'n gr. 9-leerling, het skoonskip gemaak in die voorbereide afdeling vir juniors by die hoërskool en Inge Bekker, 'n gr. 8-leerling, het derde gekom.
In die onvoorbereide afdeling het Christo Boshoff gewys hoe vinnig Affies kan dink en neem toe die eerste plek. Aldo Horn, 'n gr 8-leerling, het derde gekom. By ons laerskool het Nika van Aswegen, 'n gr. 4-leerling, eerste gekom in die voorbereide afdeling.
Met die semifinale het al die wenners op 11 Augustus 2017 hul opinies in Worcester by Goudini-spa gaan lug.
Die kompetisie was van 'n baie hoë standaard met die room van Suid--Afrika se topsprekers, en daar het Affies ook uitgeblink. Milne was onder die top-10 van die land.
Redenaars is 'n belangrike bousteen vir ons land, want ons geslag se redenaars gaan eendag ons land se politici of president word.
Ons is besonder trots op al ons redenaars en alles wat hulle bereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie