Wapens by grondberaad
Wapens by grondberaad

Wapens by grondberaad

Die polisiehoof het gewaarsku teen aanhitsing tot geweld, beledigings en haatspraak.
Die Namibiese polisie (Nampol) het tydens die pas­afgelope tweede ­nasionale grondberaad op 45 wapens en 'n botteltjie pepersproei beslag gelê.

Veertien pistole, een jaggeweer, een haelgeweer, twee pangas, 26 messe en drie tradisionele messe is by die polisiebeheerpunt by die Safari Hotel en Konferensie­sentrum oor die vyf dae by konferensiegangers afgeneem.

Gelisensieerde vuurwapens is vir die duur van die beraad gekonfiskeer en ná afloop van die geleentheid aan die regmatige eienaars daarvan terugbesorg.

Een ongelisensieerde vuurwapen is ná die konferensie nié terug­besorg nie.

Volgens lt.genl. Sebastian Ndeitunga, polisiehoof, wek dié omstandighede ernstige kommer.

“'n Mens wonder hoekom 'n wetsgehoorsame burger ná 'n byeenkoms van hierdie aard dit met 'n gevaarlike wapen moet bywoon.

“In hierdie opsig wil ons die nasie in kennis stel lede van die publiek mag geen wapens na enige vergadering dra nie,” sê hy.

Volgens die polisiehoof is veiligheid tydens die beraad goed ­gehandhaaf. Hy het sy ­kollegas vandeesweek geprys vir hul pogings tot die bewaring van vrede by dié geleentheid.

Hy is ook dankbaar teenoor konferensiegangers vir hul same­werking in die algemeen.

Tog het Ndeitunga daarop ­aangedring dat Namibiërs in die uitoefening van hul regte ander se regte in ag neem.

“In die geval van vreedsame betogings moet vryheid van spraak op só 'n manier uitgeoefen word dat dit nie aanval of laster nie, en ook nie haatspraak of aanhitsing tot geweld behels nie.

“Die neiging van sommige burgers wat ons leiers of medeburgers ontmoedig en beledig, is onbetaamlik en moet stopgesit word,” sê hy.

Ndeitunga het ook na die Strydkinders verwys wat tydens die grondberaad onwettig in Windhoek se strate vergader het, paaie geblokkeer het, klippe in die pad gesit het, motorbande in die strate gebrand het, en voertuie en padgebruikers met klippe gegooi het.

Volgens die polisiehoof is dié gedrag betreurenswaardig.

“Dié onaanvaarbare houding en gedrag kan nie goedgekeur word nie, aangesien dit met chaos en wetteloosheid gepaard gaan,” sê hy.

Ndeitunga doen 'n beroep op alle Namibiërs om geen openbare byeenkoms gewapend by te woon nie, en om hul taalgebruik by enige protesaksie te beperk om aanhitsing tot geweld en beledigende uitsprake te vermy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!