Warm op die rak in Junie en Julie
Fiksie
Die boek van gelukkige eindes
Debbie Loots
Chris, ’n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig. ’n Vrou met wie hy lank terug ’n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met ’n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem ’n onheilspellende wending. Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak?
’n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.
---------------------------------------------------------------------------------
Fiksie
Gedeeltelik bewolk
Ruan Kemp
George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in ’n peloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland ...
Hy werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, word ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters en vroue.
Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou wind uitslaan.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toekomsfiksie
In ’n land sonder voëls
Harry Kalmer
Danksy tegnologie en die veranderende klimaat kon die land aan derduisende dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied.
Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie ...
Vir die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. So het ons geglo.
In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Misdaadfiksie
Doodsengel
Madelein Rust
Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug.
Weg van die molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand, behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie en niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie.Doodsengel is Rust se sesde roman en het ’n splinternuwe hoofkarakter.
Nie vir sensitiewe lesers nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Poësie
Nuwe vrese
Willem S. van der Merwe
Die ontnugtering en nostalgie van die middeljare word hier in alle erns en humor verwoord.
Ryk aan intertekstualiteit en slim woordspeling, is hierdie bundel vars en toeganklik vir alle oopkop-lesers. Ou vrese word besweer en nuwes sinies en liries besing.
Van der Merwe was 24 jaar oud toe sy debuutbundel, Son-dig, in 1985 die lig gesien het. Dié is sy tweede bundel.Hy woon en werk tussen Suid-Afrika en Hongkong. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie